Die voormalige Swapo-parlementslid en nou verkragtingsbeskuldigde, Steve Booys, het gister in die hoërhof in Windhoek verskyn. Foto Argief
Die voormalige Swapo-parlementslid en nou verkragtingsbeskuldigde, Steve Booys, het gister in die hoërhof in Windhoek verskyn. Foto Argief

Hof het ernstige fout begaan, sê Booys

Appelleer teen weiering van borgtog
Die voormalige parlementariër van Okahandja wat teregstaan op klagte van verkragting, wend sy vierde poging aan om op borgtog vrygelaat te word.
Kristien Kruger
Kristien Kruger

“Daar is geen rede, veral nie in terme van openbare belang, dat die appellant [Booys] steeds borgtog geweier moet word nie.”

So het die voormalige Swapo-parlementslid en raadslid vir die Okahandja-kiesafdeling, Steve (Biko) Booys, se regsverteenwoordiger, Marthino Olivier, aangevoer in sy nuutste poging om op borgtog vrygelaat te word.Olivier en Booys beweer die landdroshof op Okahandja het met sy eerste borgtogaansoek “’n ernstige en wesentlike fout begaan” en voer aan dit regverdig die ingryping van die hoërhof.

Hulle appelleer dus teen landdros Khaepriums Swartz se uitspraak wat reeds op 15 April 2021 gelewer is en eis dat die hof borgtog van N$10 000 aan hom moet toestaan met streng voorwaardes.

Booys staan tereg op twee klagte van verkragting, alternatiewelik bloed­skande.

Hy het gister in die hoërhof in Windhoek voor regter Christie Liebenberg en Herman January verskyn, maar die saak is uitgestel tot 2 Oktober omdat die staat nie betyds hul hoofbetoë by die hof ingedien het nie.

Booys bly ingevolge ’n hofbevel vir tyd en wyl in aanhouding en die staatsaanklaer, Filistas Shikerete, moet teen 18 September sy betoë indien.

VORIGE AANSOEKE

Booys het homself in Februarie 2021 aan owerhede oorgegee en is sedertdien in aanhouding.

Hy is tydens sy eerste verskyning in die landdroshof op Okahandja borgtog geweier en het op 30 Maart 2021 sy eerste formele aansoek om borgtog gebring. Die staat het die aansoek teengestaan op grond van die erns van die oortreding, die bewering dat die staat ’n sterk saak teen Booys het, die vrees dat hy by die ondersoek en staatsgetuies sal inmeng en die bewering dat dit nie in die belang van regspleging of in openbare belang sal wees nie.

Booys het intussen drie bykomende borgtogaansoeke op nuwe feite gebring wat elk van die hand gewys is.

Hy appelleer nou teen die aanvank­like weiering van borgtog in April 2021 en het tesame met sy appèlaansoek ’n aansoek om kondonasie ingedien omdat die appèl meer as 14 dae ná die uitspraak gebring is.

GRONDE

Booys beweer Swartz het ’n fout begaan toe die landdros na bewering die staat toegelaat het om hoorsê-getuienis te lei, maar hom glo belet het om dieselfde te doen.

Dit hou verband met Booys se getuienis waarin hy gesê het hy het die klaagster se mediese koste betaal, wat insluit die behandeling van bipolêre en persoonlikheidsversteuring.

Hy voer verder aan Swartz het die belang onderskat van die grondwetlike beginsel om mense onskuldig te ag tot die teendeel bewys word.

Hy beweer sy voortdurende aanhouding het ’n groot impak op hom en sy afhanklikes, asook sy besighede, werknemers en die gemeenskap.

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!