Honderde senior burgers registreer vir skuldverligting
Registrasie eindig op 15 April
Stad Windhoek sê die aantal aansoeke om skuldverligting onder pensioenarisse is bemoedigend.
Elizabeth Kheibes – Altesaam 340 pensioenarisse het suksesvol vir skuldverligting gedurende die eerste week van registrasies by Stad Windhoek (CoW) geregistreer. Die registrasietydperk het op 15 Februarie begin en eindig op 15 April 2024.
“Ná die raad se goedkeuring op 30 November 2023, het ons met die beplanningsfase vir die registrasie van pensioenarisse begin. Terwyl ons geringe foute ondervind – wat normaal is vir enige elektroniese proses – sorteer ons die probleem dadelik uit,” het Lydia Amutenya, die woordvoerder van die CoW, aan Republikein se susterkoerant Namibian Sun gesê.
Die leier van die Katutura-inwonerskomitee, Shaun Gariseb, het verlede week gesê pensioenarisse het met verouderde gesertifiseerde dokumente opgedaag, en het die munisipaliteit versoek om toegang tot polisiedienste by registrasiepunte te bied.
Amutenya het verduidelik dat die “aanvanklike vereiste was dat die pensioenarisse gesertifiseerde afskrifte van hul dokumente saambring, maar op die eerste dag reeds is waargeneem dat sommige met ongesertifiseerde afskrifte kom of afskrifte wat jare gelede reeds gesertifiseer is, sommige het kopieë van kopieë gemaak, en so op dieselfde dag het ons reëlings getref dat die sertifisering op die perseel plaasvind.”
Sy het ’n beroep op pensioenarisse gedoen om “afskrifte van hul dokumente saam met die oorspronklikes te bring sodat die sertifisering op die perseel gedoen kan word”, om die registrasiesproses glad te laat verloop.
Amutenya het gesê die meer as 300 pensioenarisse wat reeds vir registrasie opgedaag het, is noemenswaardig.
“Die aantal pensioenarisse wat van die inisiatief gebruik maak, is bemoedigend, en ons sien pensioenarisse verstaan die vereistes beter, deels as gevolg van ons pogings om bewustheid te skep deur verskeie mediums soos radio.”
Sy het die publiek daaraan herinner dat “dit belangrik is om daarop te let dat nie-pensioenarisse en besighede nie hoef te registreer nie, aangesien hulle afskrywing van 50%-rente outomaties verwerk sal word.”
WAAR OM AANSOEK TE DOEN
Die CoW het bevestig dat pensioenarisse op weeksdae vanaf 08:30 tot 19:00 en op Saterdae vanaf 08:30 tot 15:00 aansoek kan doen.
Hulle kan onder andere by die hoofkantoor in die dorp, die Katutura-kliëntesorgsentrum in Onafhanklikheidslaan en die Ombili-kliëntesorgsentrum aansoek doen.
Pensioenarisse sal afskrifte van die rekeninghouer of verteenwoordiger se identiteitsdokument en bewys van eienaarskap benodig (’n afskrif van die titelakte). Waar ’n inwoner meer as een eiendom besit, moet hulle ’n polisieverklaring verskaf wat hul primêre woning aandui.
Vir boedelrekeninge sal inwoners dieselfde dokumente benodig, asook ’n huweliksertifikaat (indien van toepassing), ’n afskrif van die eienaar se doodsertifikaat en ’n voogdybrief vir minderjariges.
Vir pensioenarisse om vir skuldverligting te kwalifiseer, moet hulle voorafbetaalde meters vir water en elektrisiteit hê of daarvoor aansoek gedoen het. Hulle moet ook instem om vir die installering van die voorafbetaalde meters óf vooraf óf in paaiemente oor vyf jaar te betaal.
“Slegs die agterstallige skuld op jou rekening teen 30 November 2023 sal afgeskryf word. Die lopende rekeninge vanaf 1 Desember 2023, rente tot op datum uitgesluit, moet ten volle betaal word,” het die CoW verduidelik.
“In die geval van ’n boedelrekening moes die rekeninghouer ’n pensioenaris [60 of ouer] gewees het teen die datum van afsterwe. Pensioenarisse kan tydens registrasie vir voorafbetaalde meters op die perseel aansoek doen.” – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie