Hoop vir Elisenheim-inwoners

Planne om rioolreuke te verhoed
Nadat talle inwoners van dié landgoed buite Windhoek 'n klagskrif onderteken het, is owerhede aan die werk om die probleem op te los.
Kristien Kruger
’n Buffertenk sal na verwagting langs die Ujams Sewage Works-aanleg naby die Elisenheim-landgoed noord van Windhoek opgerig word as ’n oplossing vir die onaangename reuke wat inwoners die afgelope maande op hol gehad het.

Volgens ’n brief wat Elisenheim se bestuur vandeesweek aan inwoners gestuur het, het hulle ’n vergadering met die beamptes van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, Stad Windhoek (CoW) en die Ujams-aanleg belê.

“As deel van hul langtermyn-oplossing en om ’n herhaling van wat onlangs gebeur het te vermy, het Ujams begin om ’n buffertenk langs die aanleg op te rig.

“Hulle idee vir hierdie tenk is om die bergingskapasiteit te verhoog vir ekstra invloeivolume wat ontvang word wanneer die aanleg op volle kapasiteit werk.

“Dit sal op sy beurt die geleentheid skep vir ekstra invloei wat gestoor en geleidelik in die plantproduksie ingevoer word en die gebruik van die Klein Windhoekrivier verhoed,” lui die brief, wat byvoeg dat die buffertenk egter nog in die konstruksiefase is.

Die omgewingsministerie sal glo die konstruksie van die tenk noukeurig monitor.

KLAGSKRIF

Dit volg nadat ’n klagskrif sowat twee maande gelede die ronde gedoen het en deur talle inwoners van Elisenheim onderteken is.

Die grootste kwessie ter sprake was die reuk wat deur beweerde rioolstorting veroorsaak is en die feit dat dié “gedeeltelike behandelde” riool in die Klein Windhoekrivier gestort is.

“Sluit by ons aan om onmiddellike optrede te eis om te keer dat Ujams-rioolwerke rou riool in ons rivier stort. Teken hierdie klagskrif om ons gesondheid te beskerm, ons omgewing te bewaar en die lewensgehalte in Elisenheim te herstel!” het die klagskrif gelui.

MUNISIPALITEIT

CoW se woordvoerder, Lydia Amuntenya, het destyds op navrae gereageer en verduidelik dat die aanleg soms volumes riool ontvang wat die ontwerpkapasiteit oorskry.

Die rioolwater word dan in die rivier gestort en is glo nie volledig behandel nie. Dit is glo slegs deur die fyn siwwe en gruisverwydering behandel en hierdie gedeeltelik behandelde water word dan saam met die volledig behandelde water in die rivier afgevoer.

Republikein het ’n e-pos onder oë gehad wat die algemene bestuurder van Ujams Wastewater Treatment Company (UWTC), Thomas Honer, op 24 Mei vanjaar aan die munisipaliteit gestuur het.

Hierin verduidelik hy dat die munisipaliteit tydens die ontwerpfase van die aanleg besluit het om ’n “droëweerbuffertenk te bou en nie ’n natweerbuffertenk met meer bufferkapasiteit nie”. Die besluit is glo geneem om koste te bespaar.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!