Rehoboth Baster Kaptein Jacky Britz sê hy het niks om weg te steek nie.
Foto AZ argief
Rehoboth Baster Kaptein Jacky Britz sê hy het niks om weg te steek nie. Foto AZ argief

Kaptein sal aanslag in die hof verdedig

Raad neem standpunt in
Individue en instansies wat hof toe gesleep word oor die beweerde onwettige verkiesing van 'n Basterkaptein verlede jaar het mnr. Trevor Brockerhoff as hul verdediging aangestel.
Augetto Graig
'n Hofgeding oor die kapteinskap van die Rehoboth Baster-gemeenskap is vir eers gehalt terwyl kaptein Jacky Britz se nuwe regsverteenwoordiger amptelik by sy voorgangers oorneem.

Britz is verlede jaar tot tradisionele leier van die Basters verkies, maar sy medekandidaat, mnr. Rynault van Wyk, betwis die regverdigheid, vryheid en geldigheid van die verkiesing.

“Ons is gedwing om die reputasie van ons volk te verdedig en daarom gaan ons die aantygings teenstaan,” het die kapteinsraad in ’n nuusvrystelling gesê.

Hiervolgens is die prokureursfirma Brockerhoff en vennote aangestel om die regspraktisyns Andreas-Hamunyela te vervang.

Dit nadat Hamunyela volgens hofdokument op 8 Maart aan die saak onttrek het, net dae voor die vasgestelde datum van 11 Maart waarop partye 'n eerste hofverskyning sou maak.

Mnr. Trevor Brockerhoff se praktyk het intussen bevestig dat dié hoëprofiel-prokureur, wat ook namens mnr. Ricardo Gustavo in die voortslepende Fishrot-verhoor optree, wel vir Britz verteenwoordig.

“Hiermee wil die kaptein en die raad die volgende inligting by wyse van ’n verklaring deel, na aanleiding van ’n berig in die Republikein gedateer Vrydag 11 Maart 2022. Liewe volksgenote, dis ’n feit dat mnr. Rynault van Wyk tesame met drie van sy ondersteuners die waarnemende kaptein, mnr. W. Harker, die verkiesingskomitee, die verkose kaptein H.G. Britz en die Rehoboth Bastergemeente hof toe sleep met die versoek dat die verkiesing van 24 April 2021 ongeldig verklaar word,” luidens die verklaring.

Die nuutverkose kaptein sê hy het geen behae om enige negatiwiteit ten opsigte van sy mense te bespreek nie, en die foto van hom en die kindjie wat saam met die koerantberig geplaas is, “is ’n letterlike uitbeelding van sy visie vir sy mense. Die kaptein en raad is positief oor die toekoms,” volgens die vrystelling.

Hulle sê harde werk oor slegs 10 maande is reeds besig om vrugte af te werp.

Die verklaring lui verder: “Die historiese metode om van die hof gebruik te maak om probleme op te los asook modderslingery, propaganda en doellose verdagmakery en selfs om hofdokumente op WhatsApp-groepe te sirkuleer, met die hoop op ondersteuning, kan beskou word as wanhopige pogings en is ongelukkig nie deel van die huidige bestel nie.”

“U kaptein wil u verseker dat ons niks het om weg te steek nie, en dat ons saak in goeie hande is. Ook versoek ons u om nie die propaganda en aantygings kop toe te vat nie. Elkeen het keuses om te maak in die lewe en alhoewel dit pynlik is vir die lojale en trotse Rehoboth Basters, is dit seker die beste manier om vir eens en vir altyd die saak ter tafel te lê, alhoewel onskuldiges in die proses gaan seerkry.” – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-02-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 27° Rundu: 19° | 26° Eenhana: 18° | 22° Oshakati: 19° | 24° Ruacana: 19° | 22° Tsumeb: 19° | 25° Otjiwarongo: 18° | 28° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 30° Gobabis: 19° | 28° Henties Bay: 18° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: W, Low tide: 09:43, High tide: 03:43, Low Tide: 21:49, High tide: 15:55 Swakopmund: 17° | 18° Wind speed: 17km/h, Wind direction: W, Low tide: 09:41, High tide: 03:41, Low Tide: 21:47, High tide: 15:53 Walvis Bay: 17° | 21° Wind speed: 21km/h, Wind direction: W, Low tide: 09:41, High tide: 03:40, Low Tide: 21:47, High tide: 15:52 Rehoboth: 20° | 32° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 26° | 36° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 24° | 36° Oranjemund: 16° | 26° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 20° | 28° Lubumbashi: 17° | 21° Mbabane: 17° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 17° | 24° Lilongwe: 19° | 27° Maputo: 21° | 37° Windhoek: 19° | 30° Cape Town: 18° | 22° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 23° Harare: 17° | 23° #VALUE! #VALUE!