Kavango-Wes op soek na N$610 m. om kantore te bou
Werkloosheidsyfer in streek is kommerwekkend
Die voorsitter van die streekraad het beklemtoon dat die raad se strategiese plan inklusief moet wees.
Die Kavango-Wes-streekraad benodig dringend N$610 miljoen om noodsaaklike regeringskantore te bou, met volwaardige personeelkomplemente en dienste, in ’n poging om die streek se kommerwekkende werkloosheidsyfer hok te slaan.
Só het die voorsitter van die streekraad, Josef Sikongo, tydens ’n onlangse vyfjaar- strategiese beplanningsessie op Rundu gesê.
“Ons streek het die hoogste werkloosheidsyfer in die land aangeteken, wat op 52,8% staan, volgens die jongste verslag van die Namibië Statistiekagentskap (NSA).
“Dit is grootliks weens die stadige vordering met die vestiging van staatsdienste en -infrastruktuur in ons streek,” het Sikongo gesê.
“Ons plan moet die bou van streekkantore vir alle gedelegeerde funksies prioritiseer, soos onder meer die (voormalige) sleutelministeries van onderwys, kuns en kultuur; geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn; landbou, water en grondhervorming; arbeid, nywerheidsverhoudinge en werkskepping; en sport, jeug en nasionale diens, inslut,” het hy verlede week verduidelik.
INKLUSIEF
Hy het beklemtoon dat die raad se strategiese plan inklusief moet wees en die aspirasies en behoeftes van alle inwoners van Kavango-Wes moet weerspieël, ongeag hul agtergrond, etnisiteit of sosioëkonomiese status.
“Dit moet die bekommernisse en uitdagings van ons mense in beide stedelike en afgeleë gebiede takel. Ons gemeenskappe moet hulself in hierdie plan verteenwoordig sien.
“Slegs deur so ’n inklusiewe benadering kan ons verseker dat niemand agterbly in ons kollektiewe strewe na die streek se sosioëkonomiese ontwikkeling nie.”
Sikongo het verder opgemerk die regerende party, Swapo, het N$85 miljard oor die volgende vyf tot ses jaar bewillig om sy verkiesingsbeloftes aan Namibiese kiesers na te kom.
Intussen vereis die raad se konsep- strategiese plan meer as N$6 miljard vir die volle implementering daarvan.
“Terwyl ons hierdie kritieke oefening aanpak, moet ons bewus bly dat elke besluit wat ons neem ’n tasbare impak op die lewens van Kavango-Wes-inwoners moet hê,” het Sikongo gesê.
“Ons is nie hier vir persoonlike gewin nie, maar omdat ons deur die mense toevertrou is om ’n koers vir die streek se toekoms te bepaal.
“Ons verantwoordelikheid is om ’n beter môre vir almal voor te stel en te beplan,” het hy bygevoeg.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie