Kersliggies helder strate op
Die Kersseisoen het uiteindelik aangebreek.
Die aanskakel van die Kersliggies is ’n teken dat die feesseisoen op ons voorstoep is.
Vanjaar se geleentheid het gepaard gegaan met ’n Kersmark waar plaaslike entrepreneurs hul produkte en dienste kon ten toon stel. Volgens Lydia Amutenya, woordvoerder van die Windhoekse munisipaliteit, is hierdie geleentheid ’n hoogtepunt op hul kalender.
“Dit gee families die geleentheid om die dag saam te kan deurbring en ook sommer om Kersinkopies te doen.”
Sade Gawanas het tydens haar toespraak as uittredende burgemeester gesê sy glo die nuwe burgemeester en die res van die bestuurskomitee sal kan verbeter op dit wat vanjaar bereik is.
“Die raad sal vinnige en doeltreffende dienslewering verseker, sowel as geleenthede vir verbeterde ekonomiese vooruitgang, die ontwikkeling van infrastruktuur en finansiële volhoubaarheid,” het sy gesê.
Volgens haar was dit ’n besige jaar met botsende prioriteite en deurlopende finansiële beperkings. Een van die uitdagings wat hulle in die gesig gestaar het, was ’n gebrek aan leierskap in kritieke posisies.
“Maar die raad het brawe en die nodige besluite geneem om die strategiese doelwitte te bevorder,” sê sy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie