Karas governor notes remarkable achievements in education and infrastructure developments during SORA 2023.edited
Karas governor notes remarkable achievements in education and infrastructure developments during SORA 2023.edited

||Kharas wil baat by olie, groen waterstof

Werkskepping, ontwikkel infrastruktuur
Hoewel die streek oor die jare agtergebly het ten opsigte van voldoende infrastruktuur, verbeter die situasie geleidelik, volgens die goewerneur.
Yandi Du Plessis
Elizabeth Joseph - Die goewerneur van die ||Kharasstreek, Aletha Frederick, sê die streek skuif reg om die land se nuutste ontwikkelingsbestemming te word, en sal dienooreenkomstig ’n posisie inneem om voordeel te trek uit die onlangse ontdekking van groot ruoliereserwes langs Namibië se suidkus en die veelbesproke groenwaterstofprojek.

Terwyl werkskepping, infrastruktuurontwikkeling en die verbetering van die lewens van die gemeenskappe in die streek verlede week aandag geniet het tydens haar streekrede, was sy vinnig om daarop te wys dat die streek se leiers sal voortgaan om druk op die regering te plaas om dienste te desentraliseer deur dit nader aan die mense te neem, veral in die onderwyssektor.

Haar toespraak se fokus was op ontwikkeling en die benutting van die beskikbare hulpbronne in die streek om gemeenskappe uit die dieptes van armoede op te lig.

Frederick het gesê sy is vol vertroue dat die onlangse olievondste, die Neckartaldam en die groenwaterstofprojek ’n seën vir die streek sal wees. Dié projekte, het sy gesê, sal ’n aansienlike toename in werkskepping in die streek meebring.

INFRASTRUKTUUR

Hoewel die streek oor die jare agterweë gebly het ten opsigte van voldoende infrastruktuur, verbeter die situasie geleidelik, volgens Frederick.

’n Versoek om nuwe laerskole op Lüderitz en Keetmanshoop te bou, word tans deur die Nasionale Beplanningskommissie geëvalueer, het sy gesê.

Sy het bygevoeg twee sentrums is opgeknap, naamlik die Women for Action Development Centre en die Keetmanshoop Multi-Purpose Youth Resource Centre.

“Ek is trots om aan te kondig dat beide sentrums nou ten volle toegerus en operasioneel is ná die ruim borgskap van die Turkse Samewerkings- en Koördineringsagentskap.”

Die agentskap, het sy gesê, het die Keetmanshoop-jeugsentrum se rekenaarlaboratorium opgeknap en toegerus met 19 nuwe rekenaars, stoele en ’n projektor ter waarde van meer as N$350 0000.

STAMP KOPPE

Intussen was Frederick nie heeltemal tevrede met die werk van die ||Kharas-streekraad nie, en het bygevoeg sy voel nie dit pas deursigtigheid en aanspreeklikheid ten volle toe nie.

Sy het gesê die raad weerhou belangrike inligting van die publiek wat verband hou met geld wat vir streekontwikkeling toegewys is.

Volgens die goewerneur het die raad vir drie agtereenvolgende jare versoeke deur haar kantoor om ’n spesiale raadsvergadering te belê om die inligting openbaar te maak, van die hand gewys.

“My aanname is dat die streekraad nie wil hê die publiek moet weet wat hulle gedoen het met die geld wat vir streekontwikkeling voorsien is nie,” het sy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!