Khomas kort drie skole per jaar

Toename in NSSCAS-toelating
Altesaam 69 studente by geregistreerde tersiêre instansies se registrasiefooie ter waarde van N$220 000 is ook onder die goewerneur se finansiële hulpfonds geborg.
Iréne-Mari van der Walt
Die Khomasstreek sal jaarliks 72 klaskamers of drie volledige skole moet bou om tred te hou met die groeiende leerlinggetalle.

Só het die goewerneur van dié streek, Laura McLeod-Katjirua, gister tydens haar streekrede gesê.

Tussen 2019 en 2024 het leerlinggetalle met 18% gegroei van 90 360 leerlinge tot 106 350 leerlinge vanjaar. Dit dui op ’n jaarlikse groei van 2 665 leerlinge.

Groei is ook in die streek opgemerk in die toelating tot die Nasionale Senior Sertifikaat Gevorderde Vlak (NSSCAS) met ’n toename van 7,9% tussen 2022 en 2023.

Dit beteken dat die streek van 25,8% se NSSCAS-toelating in 2022 tot 33,7% in 2023 gegroei het.

Ten spyte hiervan het die streek sy sewende plek op die akademiese ranglys vir NSSCAS-prestasie verloor en tot die tiende plek gesak.

Die goewerneur se kantoor het onder meer ook skoolskoene ter waarde van N$79 000 geskenk wat deur sy Back to School-program by die Primêre Skool Mix in Windhoek se landelike kiesafdeling versprei sal word.



ONDERRIG

Haar kantoor het ook 11 studente van finansiële ondersteuning ter waarde van N$158 000 voorsien.

Altesaam 103 studente aan die Namibiese Kollege vir Afstandsonderrig (Namcol) het borgskappe ter waarde van altesaam N$147 000 ontvang om hul graad 11- en 12-uitslae te verbeter.

Altesaam 69 studente by geregistreerde tersiêre instansies se registrasiefooie ter waarde van N$220 000 is ook onder die goewerneur se finansiële hulpfonds geborg.

’n Bykomende N$3,3 miljoen is bestee om onder meer vier klaskamerblokke by die Primêre Skool A.I. Steenkamp op te knap en drie klaskamerblokke by die Primêre Skool Monte Christo te bou.

Die aankoop van stoele en tafels vir die Sekondêre Skool Westmont, Monte Christo en van handboeke vir skole in al 10 kiesafdelings in die streek het ook deel van dié uitgawe gevorm.

Dié bedrag het ook voorsiening gemaak vir die aankoop van stoele, tafels en kombuistoerusting vir die primêre skole Moses ||Garoëb en Namibia.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 37° Rundu: 23° | 37° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 25° | 34° Otjiwarongo: 21° | 31° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 15° | 21° Rehoboth: 20° | 34° Mariental: 22° | 37° Keetmanshoop: 20° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 16° | 34° Ariamsvlei: 21° | 37° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 37° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 16° | 33° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 21° | 36° Windhoek: 20° | 32° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 28° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!