Khumub as raadslid vir Guinas ingehuldig
Die nuutverkose raadslid van die Guinas-kiesafdeling, Moses Khumub, is Maandag in die Oshikoto-streekraad ingehuldig.
Dit kom nadat Khumub as die wenner van die tussenverkiesing van 17 Januarie aangewys is.
Die eedseremonie het by die Oshikoto-streekraadsaal in Omuthiya plaasgevind en landdros Kaeren Kleopas het die verrigtinge gelei.
FOKUS OP GESONDHEID
Die tussenverkiesing is genoodsaak ná die dood op 21 Oktober verlede jaar van die voormalige kiesafdelingsraadslid van Guinas, Elias Martinus.
Tydens ’n kort onderhoud ná sy inhuldiging, het Khumub gesê hy sal op gemeenskapsbetrokkenheid fokus.
Hy het ook verduidelik dat een van die grootste uitdagings wat inwoners in die Guinas-kiesafdeling in die gesig staar die gebrek aan toegang tot gesondheidsgeriewe is.
“Een van die gebiede waarna ons sal kyk, is toegang tot gesondheidsgeriewe aangesien Guinas ’n groot kiesafdeling is,” het hy gesê.
Sy sentimente kom enkele dae nadat Network Media Hub (NMH) in ’n berig onthul het hoe die gemeenskap van Plaas Ondera klomp geld moet bestee om die naaste gesondheidsgeriewe te besoek.
Daar word beweer dat swanger vroue in bewegende voertuie geboorte skenk weens die feit dat ambulanse nie die gebied bereik nie en barmhartige Samaritane hul enigste hoop is.
Khumub het dus gesê hy sal met die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste in gesprek tree om ten minste te oorweeg om ’n gebou wat op Plaas Ondera geleë is – wat tans vir uitreikprogramme aangewend word – te gebruik.
“Die infrastruktuur is reeds daar, dis net ’n kwessie van reëlings met die ministerie van gesondheid tref om te sien hoe ons die kwessie kan takel,” het hy gesê.
WERKLOOSHEID
Khumub het ook gesê dat Guinas baie vrugbare grond vir landboudoeleindes het en daarom sal hy probeer om beleggers te kry om hierdie sektor binne die kiesafdeling te help ontwikkel.
Volgens hom sal dit die kwessie van hoë werkloosheidsyfers onder die jeug takel.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie