Die woordvoerder van die groep beswaarde kiesbeamptes Peter Kamwi wat ontevrede is met die ECN se vergoeding. FOTO Nikanor Nangolo
Die woordvoerder van die groep beswaarde kiesbeamptes Peter Kamwi wat ontevrede is met die ECN se vergoeding. FOTO Nikanor Nangolo

Kiesbeamptes kla oor lae toelaes

Geen verblyf, etes
Die ontevrede groep sê hul betaling pas nie by hul vlak van verantwoordelikhede nie.
Nikanor Nangolo
Stembeamptes in Rundu het 'n 24-uur ultimatum aan die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) gestel om hul salaris aan te pas. Doen die ECN dit nie, beplan hulle om die nasionale en presidensiële verkiesing wat Woensdag plaasvind te boikot.

Die ultimatum het sy aanloop uit ‘n dispuut oor die daaglikse opleidingstoelaag van N$150 en het gelei tot ontwrigtings by opleidingsentrums en die ontrekking van ander beamptes uit sessies.

Volgens die woordvoerder van die groep beswaardes Peter Kamwi, weerspieël die vergoeding nie die verpligtinge wat hulle moet nakom nie.

“Die geld wat betaal word, is te min. Dit is nie genoeg nie, veral as jy Namibië se hoë werkloosheidsyfer in ag neem. Die meeste van ons is al jare werkloos. Noudat ons as tydelike beamptes aangestel is, nou word ons tydens opleiding net N$150 per dag betaal,” het Kamwi gesê.

Die bedrag dek volgens hom skaars daaglikse uitgawes soos maaltye en taxi’s.

“Ons het uitgawes en verantwoordelikhede. Ons dring aan op beter betaling om ons lewens te verbeter. Sommige van ons wil besighede begin, want daar is nêrens werksgeleenthede nie.”

Hy het ook verwys na die risiko’s wat aan hul rolle verbind word.

“As voorsittende beamptes staar ons potensiële tronkstraf in vir foute, tog pas die betaling nie by dié vlak van verantwoordelikheid nie. Vir die dubbele verkiesings dring ons aan op aparte salarisse vir die presidensiële en nasionale vergadering-stembusse.”

Die beswaardes het ook gekla oor die gebrek aan pouses vir middagete, maaltye en verblyf tydens opleiding. Hulle stel voor dat hul vergoeding vir die opleiding opgestoot word tot N$300 per dag vir opleiding en N$3 000 vir die verkiesings Woensdag.

Sommige senior beamptes is ook van teistering beskuldig.

“Hulle gebruik dreigemente om ons stil te maak en maak dit moeilik om ons kommer tydens opleiding te opper. Ons verdien respek as volwassenes wat werk om ons lewens te verbeter,” het Kamwi gesê.

Beamptes is glo in ‘n saal toegesluit en is verbied om hul kommer te lig of aan die boikot deel te neem.

“Dit is ‘n skend ons reg tot vryheid van spraak in ‘n land soos Namibië.

Die ontevrede groep het ook verwys na beweerde diskriminasie teen individue met gestremdhede en het verwys na ‘n voorval waartydens ‘n gekwalifiseerde kollega weens sy gestremdheid ongeskik verklaar is om as ‘n kiesbeampte te dien.

Duidelikheid oor hul kontrakte is nog ‘n kwelpunt.

“Ons is gedwing om kontrakte te teken wat ‘n wanvoorstelling van ons pligte is, met elkeen was as ‘n kiesbeampte beskryf word. Die betalingstruktuur is eers twee dae gelede bekendgemaak,” het Kamwi gesê.

Die daaglikse vergoeding van N$710 tot N$865 vir stemdag is ook gegewe die lang ure van 07:00 tot 19:00 onvoldoende, met geen maaltye of verblyf wat voorsien word nie.

Die groep se eise sluit in onmiddellike salarisaanpassings, ‘n einde aan intimidasie en mishandeling, asook respek vir grondwetlike regte ingesluit die reg tot vryheid van spraak.

“Sou hierdie kwessies nie binne 24 uur aangespreek word nie, gaan ons ophou werk en die verkiesings boikot. Ons het via Whatsapp die reëlings getref om dit te koördineer,” het Kamwi gesê. Ook in Otavi het stembeamptes die griewe en ontevredenheid herhaal en die ECN van onregverdige arbeidspraktyke beskuldig. Volgens dié groep is hul daaglikse vergoeding van N$670 na N$476 verminder. Die opleidingstoelaag van N$150 is ook nog nie betaal nie, ten spyte van die feit dat dit afgehandel is.

ECN se bestuurder vir korporatiewe kommunikasie De Wet Siluka het die griewe in ‘n verklaring aangespreek wat gister uitgereik is.

“Terwyl die kommissie die finansiële druk van die beamptes verstaan, is dit belangrik om daarop te let dat die betwiste toelae duidelik uitgestippel was in die advertensie vir aansoeke. Dit spreek dus vanself dat aansoekers wat op hierop gereageer het, die bepalings aanvaar het toe hulle gekeur en kontraktueel hiertoe verbind is, ” het hy gesê.

“Die kommissie wil nietemin alle stembeamptes inlig dat dit aandag aan die kwessie en die griewe skenk met die doel om 'n vriendskaplike oplossing te bereik. Die kommissie wil alle rolspelers in die verkiesing die versekering gee dat die kwessie aandag op die hoogste vlak geniet. [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!