Foto ter illustrase/Pexels/Diego Pontes
Foto ter illustrase/Pexels/Diego Pontes

Klikkende breipenne bring vreugde

Iréne-Mari van der Walt
Die breinaalde gaan Saterdag 8 Junie hard werk om komberse vir verskeie gemeenskapsinstansie, soos outehuise en skole, te brei en te hekel.

Die organiseerder Alida Siebert meen die Knit-a-bit-geleentheid wat in die hoofstad gehou word, het ’n tweeledige doel.

“Hierdeur bou ons ook ’n gemeenskap van mense wat hekel en brei,” sê sy.

Die groep sal vanaf 08:00 tot 15:00 by die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) se hotelskool bymekaarkom met die doel om 100 komberse te voltooi. Een kombers bestaan uit 35 blokke wat elk 20 cm x 20 cm groot is.

Selfs diegene wat nie die gawe het om iets met wol te maak nie, word uitgenooi om deel van hierdie inisiatief te word.

“Ons is bereid om mense te leer,” sê Alida en verduidelik dat vrywilligers met wol (double-knit wool) en ’n nommer 4-grootte hekelpen of stel breipenne by die groep kan aansluit.

“Dit kan ’n verslawing raak,” skerts Alida.

“Hulle het studies daaroor gedoen en gevind dat dit help met hipertensie,” sê Alida oor studies wat in die buiteland uitgevoer is oor uitvoerende hoofde van suksesvolle maatskappye wat ’n aansienlike verbetering in hul hartgesondheid opgemerk het toe hulle tyd moes opsysit vir die studie om te brei.

“Ek dink dit is omdat jy onmiddellike bevrediging kry wanneer jy brei of hekel – as jy ’n rytjie gesteek het, kan jy onmiddellik die rytjie sien en wanneer jy ’n blokkie klaar het, kan jy hom sien,” sê sy.

Alida sê dat sy die idee gekry het om so ’n byeenkoms in Namibië te hou na sy gesien het dat soortgelyke geleenthede in Suid-Afrika gehou word en sê dat Namibiërs van alle uithoeke van die land tot dusver handjie bygesit het en reeds begin het om blokkies vir die komberse te stuur.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!