Kombat kry grasie vir elektrisiteit
Cenored neem kragverskaffing oor
'n Myndorp in die noorde van die land moet meters en beter infrastruktuur installeer om die voorsiening van elektrisiteit te verseker.
Kombat se krag sal eers op 11 Maart om 09:00 afgesny word.
Dit is volgens ’n nuusvrystelling wat NamPower onlangs uitgereik het. Die aanvanklike afsnydatum was 28 Februarie.
Die elektrisiteitskontrak tussen NamPower en Congo Namibia Trading het Maandag verval, en sal nie hernu word nie. NamPower sê Congo Namibia Trading skuld meer as N$29 miljoen aan die nasionale kragverskaffer.
“Congo Namibia se rekening groei onverpoosd, terwyl die onderskeie entiteite geen aanspreeklikheid neem nie,” luidens NamPower se vrystelling.
Intussen het die woordvoerder van die Otjozondjupa-streekraad, me. Cornelia Shikongo, bevestig die raad bestuur die nedersetting, en is verantwoordelik vir die voorsiening van munisipale dienste.
“In terme van kragvoorsiening aan die Kombat-nedersetting, kontak asseblief vir Cenored aangesien hulle opdrag gegee is om elektrisiteit aan die streek te voorsien,” het sy gesê.
Shikongo se indruk dat Cenored reeds Maandag Kombat se dienslewering sou oorneem, is egter veels te vroeg, volgens Cenored se woordvoerder, mnr. Charlie Matengu.
WIE BETAAL?
Matengu sê daar is twee kliente in Kombat, die kopermyn Trigon Metals wat sedert 10 Desember verlede jaar krag van Cenored ontvang, en die nedersetting.
“Ongelukkig is dit nie waar dat Cenored reeds vanaf 1 Maart dienslewering kan oorneem nie. NamPower sal steeds tot 11 Maart elektrisiteit aan die dorp moet voorsien,” sê hy.
Die proses is ook nie só eenvoudig dat dit in ’n paar weke voltooi kan word nie, brei hy uit.
“Inwoners het nie eens kragmeters nie, en ons sal van die infrastruktuur moet opgradeer. Ons sal ook meters moet installeer voor ons kan oorneem. Hoe anders gaan ons ’n inkomste genereer en fakture uitstuur?” vra hy.
“Ons moet nog met die inwoners in kontak tree, om hulle in te lig,” sê hy.
Cenored moet versigtig wees aangesien daar reeds skuld van N$29 miljoen bestaan, volgens hom.
Vorige mediaberigte dui dat inwoners nie Congo Namibia Trading vir elektrisiteit en ander dienste betaal het nie.
Die sakeman mnr. Knowledge Katti is Congo se eienaar en besit 10% aandele in die kopermyn.
CENORED GEWILLIG
Matengu kon egter bevestig Cenored het goedkeuring ontvang om elektrisiteit aan die gemeenskap te voorsien, en het ook ’n versoek in dié verband vanaf NamPower gekry.
“Ons is gewillig. Dit val binne ons deskundigheid,” sê hy, “maar daar is kriteria waaraan ons eers moet voldoen. Dit sal dinge vertraag. Die probleem is die koste van die meters en die opgradering van die netwerk.
“As iemand sou sê hier is die geld, doen ons dit gou, maar kapitaal is ’n kwessie. Ons het ook nie vir dié ontwikkeling begroot nie,” voeg hy by.
Volgens Matengu kan die toerusting en die werk sowat N$4 miljoen beloop.
“Die streekraad het geld aangevra, want hulle het ook nie. As onderneming probeer ons kyk hoe ons kan in kom, wat ons eers kan uitstel ensovoorts,” het hy Maandagmiddag gesê voor hy na ’n uitvoerende vergadering teruggekeer het, waarin die kwessie van Kombat se kragverskaffing volgens hom op die agenda was.
MYN PRESTEER GOED
By die plaaslike poskantoor het ’n bron op die dorp Maandag gesê die ligte bly nog aan en die algemene gemoed is goed ná die heropening van die kopermyn.
“Mense is gelukkig sedert die myn (verlede jaar) heropen het. Van hulle is deeltyds aangestel en ander permanent,” vertel sy.
Trigon Metals, wat op die Kanadese aandelemark handel dryf, het Maandag die aflewering van die eerste vragmotor met koperkonsentraat op Walvisbaai aangekondig.
“Hierdie eerste vrag is laat verlede week vanaf die myn by IXM-pakhuise op Walvisbaai afgelewer. Die vrag het 31 droë metrieke ton konsentraat bevat, wat uit 20,41% koper en 265 g/t silwer bestaan het.
“Die vrag is die eerste van 400 ton konsentraat wat nou by die Kombat-myn geproduseer en geberg word. Die res van die konsentraat sal na die IXM-pakhuis vervoer word en hierdie week as verkoop opgeteken word, luidens hul vrystelling.
“Die meule is besig om vordering te maak en ons werk teen ’n kapasiteit van 70%, wat meer as 35 ton konsentraat per dag produseer.
“Ons is stelselmatig besig om die pad na kommersiële produksie oop te grawe," het mnr. Jed Richarson, president en uitvoerende hoof van Trigon, gesê. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie