Kompetisie vier vroue se kurwes

Mej. Plusgrootte Namibië Sondag gekroon
Yandi Du Plessis
Yandi du Plessis

Die volgende Mej. Plusgrootte Namibië word eerskomende Sondag gekroon.

Dié skoonheidskompetisie vir vroue met kurwes en voller figure is in 2018 gestig met die doel om ’n einde te bring aan die stigmatisering en negatiwiteit waaraan plusgrootte vroue dikwels onderwerp word (body shaming), sowel as aan die gepaardgaande sielkundige impak in ons samelewing. Die Miss Plus Size Namibia (MPSN)-organisasie wil dít bereik deur die aanmoediging van individualisme, die viering van diverse liggaamsvorme en die bevordering van ’n gesonde leefstyl.

Die belangrikste is egter om vroue te bemagtig om ­selfversekerde leiers te word, sê me. Margaret Shivolo, stigter en direkteur van MPSN.

“In die jare wat die kompetisie aangebied word, het dit inklusiwiteit in die vermaakbedryf ­aangemoedig, aangesien ons sien dat vroue met voller figure onder meer in tyd­skrifte en modeparades verskyn.

“As die enigste kompetisie vir plusgrootte vroue in Namibië, is MPSN baie trots op sy bydrae tot en toewyding in die ontwikkeling van ons nasie,” voeg Shivolo by.

FINALISTE

Vanjaar se top-14-finaliste is einde Augustus aangekondig.

Hulle is (nie in enige volgorde nie):

1. Michelle Madawas Mushimba

2. Fatima Apollus

3. Asho Kandjibi

4. Luis Kambara

5. Vezembouua Jorokee Ngaizeko

6. Marceline Tomas

7. Constance Japo

8. Jo-Anne Namases

9. Tjiunatjo Kovijaovararako Zaako

10. Orlee Shanite Dentlinger

11. Bernadine Cloete

12. Caroline Hatupopi

13. Mareli Snyman

14. Javellin Nehoya

Roxette Matthys wat verlede jaar die kroon gedra het, sal dit Sondag­aand aan haar opvolger oorhandig. Die kroningsgeleentheid word by die St. Mary’s-katedraalsaal oorkant die ou Wernhil-taxistaanplek gehou. Die aand skop af met ’n rooitapytgeleentheid om 18:00 en die kroning begin om 19:30.

Kaartjies is beskikbaar by enige pick n Pay-winkel landswyd; en kos N$200 vir ’n gewone kaartjie, N$300 vir ’n BBP-kaartjie en N$500 vir ’n BBBP (baie, baie belangrike persoon)-kaartjie.

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!