Hentiesbaai se burgemeester, mnr. Lewies Vermaak.
Hentiesbaai se burgemeester, mnr. Lewies Vermaak.

Kortnuus 18 Februarie 2022

Hentiesbaai

Huisplan vir !Goas se inwoners

Die formalisering van die informele nedersetting op die kusdorp is deel van die Hentiesbaai-munisipaliteit se strategiese plan.

Volgens burgemeester Lewis Vermaak sal hervestiging in laekoste- en saambouhuise inwoners van !Goab se menswaardigheid erken en hulle deel van die dorp maak. Genoeg geld is egter nodig om bouprojekte in uitbreidings 7, 8 en 9 te voltooi.

As mense hul skuld betaal, sal dit volgens Vermaak fondse hiervoor beskikbaar maak. – Nampa

Ongwediva

E-rekeninge kom teen Julie

Inwoners van Ongwediva sal vanaf Julie hul munisipale rekeninge deur middel van SMS’e of e-pos ontvang.

Munisipale woordvoerder Jackson Muma sê die dorp wil wegdoen met die uitdruk en pos van rekeninge. Hy het gerief en doeltreffendheid as voordele van ‘n elektroniese stelsel uitgesonder.

Inwoners en besighede moet vooraf seker maak die munisipaliteit beskik oor hul korrekte kontakbesonderhede. ‘n Spesiale dienspunt hiervoor is by die munisipaliteit ingerig en beamptes sal ook alle erwe vanaf Maart tot Mei vir die doel besoek. – Tuyeimo Haidula, Oshakati

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer