Kortnuus 27 Junie 2022
Vyf vas vir stropery
Misdaad
Vyf verdagtes is aangekeer in verband met die onlangse stroping van 12 renosters in die Etosha Nasionale Park.
Mnr. Pohamba Shifeta, minister van die omgewing, bosbou en toerisme, het die nuus die naweek bevestig. Volgens hom sal verdere arrestasies binnekort volg.
Die minister sê internasionale sindikate is by die stropery betrokke.– Ellanie Smit
Broers kom saam om
Ongelukke
‘n Voertuig het Saterdag omstreeks 00:30 kop-teen-kop met ‘n vragmotor gebots wat suidwaarts in Windhoek se Auasweg onderweg was.
Twee broers het op slag in die opgefrommelde wrak van ‘n Audi A3 gesterf.
Die polisie het die twee jong mans se identiteit as mnre. Nathan and Chrisley Shoopala bevestig. Beide was 18 jaar oud. – Jemima Beukes
Groen lig vir inkorporering
Kabinet
Die kabinet het volgens mnr. Calle Schlettwein, minister van landbou, water en grondhervorming, die inkorporering van Agribusdev in sy ministerie goedgekeur.
Die minister het die naweek gesê die proses het reeds begin, maar sekere regstegniese stappe in verband met skuld en bestaande kontrakte moet nog afgehandel word. – Jemima Beukes
Lippe geseël oor staakstem
Arbeid
Leiers van amptenare se vakbonde wou nie gister sê hoe vorder die tel van stemme vir ‘n moontlike staking nie.
Mnr. Petrus Nevonga van Napwu het by navraag gesê hy is te besig om te gesels.
Volgens me. Loide Shaanika, sekretaris-generaal van die onderwysersunie, Nantu, sal die publiek en media Dinsdag oor die uitslag ingelig word. – Augetto Graig

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie