Kortnuus 27 Mei 2022

Dani Booysen
Nkurenkuru

Steeds geen ablusie,krag

Die 33 sinkhuise wat in 2020 vir San-inwoners van die Kavango-Wes opgerig is, het steeds nie toilette of elektrisiteit nie.

Ablusiegeriewe is tydens die inwyding beloof en Nored sou glo teen Junie 2021 krag na die wonings aangelê het.

Sowat 150 mense woon hier. Die meeste is werkloos en oorleef met ‘n maandelikse toelaag van N$500. – Kenya Kambowe

Windhoek

21 jaar se gewag verby

Die hoofstad se munisipaliteit het Maandag ‘n eerste punt vir voorafbetaalde waterdienste aan inwoners van Havana ingewy.

Me. Kerubine Makabanyane het gesê die gemeenskap wag sedert 2001 vir die diens. Inwoners moes tot nou gemeenskapskrane gebruik.

Burgemeester Sade Gawanas het mense aangemoedig om beheer oor hul begroting vir water te neem. – Elizabeth Joseph

Rosh Pinah

Bouwerk begin aan sonplaas

Die konstruksie van die eerste 15 hektaar van ‘n sonkragaanleg vir Rosh Pinah se sinkmyn is uit die blokke.

Die projek van Otesa en Emesco sal uiteindelik 5,7 megaWatt opwek. Dit sal die beplande uitbreiding van mynboubedrywighede ondersteun en die ekonomiese volhoubaarheid van die Suidedorp bevorder.

Die sonplaas sal met voltooiïng 80 hektaar beslaan.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!