Kragonderbrekings raak Tsumeb-gemeenskap
Inwoners van Tsumeb is raadop oor voortgestte kragonderbrekings op die dorp wat onder meer tot gevolg het dat elektriese huishoudelike toestelle voortdurend vervang moet word.
'n Sakevrou van dié gemeenskap sê die mees onlangse toestel wat sy moes vervang, is 'n internettoestel. "Die mense was nou hier en hulle sê hulle kan sien wat die oorsaak is. Volgens hulle is dit die krag wat aanhoudend 'dip' wat die probleem is," sê sy.
Sy sukkel ook om weens die geduringe kragonderbrekings haar kliënte gelukkig te hou. "My toestelle werk nie altyd nie, so ek moet soms vir kliënte sê ek kan nie hulle bestellings voltooi nie. Ek verloor dan daardie besigheid," sê sy.
'n Sakeman van Tsumeb sê hy het gelukkig reëlings getref om kragopwekkers te gebruik indien die krag onderbreek word. Volgens hom lei inwoners geweldige skade met huishoudelike toestelle wat weens die onderbrekings die gees gee.
- [email protected]
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie