Kreefverbod skep verwarring
Van toepassing by Platz Am Meer
Veral die plaaslike vissermanne wat vanaf die strand hengel en 'n bestaan uit vis en kreef maak, is omgekrap oor die verbod.
Precious Nghituanapo
Sommige inwoners van Swakopmund is uiters gefrustreerd met die verbod wat op kreefvangste by die Platz Am Meer-inkoopsentrum in dié dorp geplaas is.
Veral die plaaslike vissermanne wat vanaf die strand hengel en ’n bestaan uit vis en kreef maak, is omgekrap oor dié verbod.
Die vissermanne en die winkelsentrum se sekuriteitswagte het al verskeie kere die afgelope tyd koppe gestamp.
“Ons word gedurig soos slegte honde weggejaag, al het ons die nodige permit van die ministerie van visserye en mariene hulpbronne,” het een van die vissermanne gesê.
“Ons is baie ongelukkig. Ons kom hier om vir bietjie kos te ‘struggle’ om die pot aan die kook te hou. Maar elke keer is dit ’n probleem en ons word visserye toe gestuur.
“Daar sê hulle as ons ’n wettige permit het, mag ons enige plek langs die kuslyn kreef vang. Ek weet nie hoe die storie gaan eindig nie, maar dit is besig om ons te dryf om mense te beroof of in huise in te breek – wat nie mooi is nie.
“Dan gaan ons tronk toe en wie gee dan vir ons families kos? Ons vra enigeen wat ’n grootkop is om hiernatoe te kom en vir ons te sê wat ons moet doen voor ons sake in eie hande neem,” het hy bygevoeg.
Die vissermanne is deeglik bewus van die regulasies wat op kreefvangste van toepassing is en het die nodige permitte daarvoor.
Navrae aan die visseryeministerie se plaaslike kantoor deur Namibia Media Holdings (NMH) het aan die lig bring dat daar geen aangewese gebiede binne die dorp se grense is waar die oes van kreef verbied word nie.
Daar staan egter op ’n bord wat deur die dorpsraad opgerig is, dat niemand binne ’n radius van 50 meter van die ysterkaai (die klein ysterkaai wat as ’n aanloop tot by die inkoopsentrum dien) mag “swem of duik met die doel om kreef te vang” nie.
Die munisipaliteit van Swakopmund het nie op navrae gereageer nie.
– republikein@republikein.com.na

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie