Kunene, Opuwo se geldsake is duister
Streekraad se hoofbeampte wis van niks
Opuwo is in die knyp en het 'n ernstige probleem, sê die adjunkvoorsitter van 'n parlementêre staande komitee.
Die Kunene-streekraad se finansiële situasie is in donkerte gehul, en dié streek se hoofstad Opuwo se bestuursprobleme duur steeds voort.
“Ek is nie eens deel van die begrotingsproses nie. Nou word ek gevra om te antwoord op dinge waarvan ek nie eens deel is nie,” was die hoofbeampte van die Kunene-streekraad, George P. Kamseb, se verweer toe hy moes antwoord op die streekraad en die Opuwo-dorpsraad se beroerde boekhouding.
Volgens Kamseb is sy “hande afgekap” en kon hy geen insig in die stand van sake aan die parlementêre staande komitee oor openbare rekeninge se vrae oor 2019 se finansiële boeke bied nie.
Kamseb kla die lynministerie van stedelike en landelike ontwikkeling het glo streekpersoneel opdrag gegee het om nie saam met hom te werk nie.
Hy was ook onbewus van die ongunstige ouditmening van die ouditeur-generaal oor die Kunene-streeksraad se 2019 finansiële rekords, totdat hy verneem het dat hy voor die staande komitee daarvoor sal moet verantwoording doen.
“Ek sien die finansiële state is nie op standaard nie, maar ek kan nie uitmaak wat gebeur het nie. Die meerderheid van die verantwoordelike mense is al weg, en as personeel weggaan, verwyder hulle inligting van die stelsel.
“Ek moet teruggaan na die ouditeur-generaal vir inligting. Ek kan nie eens vir julle sê wanneer hierdie verslag dalk voor die raad ter tafel gelê is nie,” het hy aan die parlementslede gesê.
Boonop is die streekraadslede ook nuut, nadat hulle in Desember 2020 aangestel is, sê hy.
“Ek kan nie antwoorde gee nie. Ek kry geen ondersteuning van my personeel nie, en daar is ook niks [finansiële rekords] in ons kantoor nie.”
Die voorsitter van die staande komitee, Peter Kazongominja, wou weet wanneer Kamseb die 2019-ouditverslag ontvang het en wat hy daarna gedoen het.
Kamseb se uitlatings was ook nie vir ’n lid van die staande komitee, Abner Shikongo, voldoende nie.
Hy wys daarop dat finansiële state van die streekraad ook nie vir die 2021-’22-boekjaar, of vir 2022-’23, by die ouditeur-generaal se kantoor ingedien is nie en nog niks vir die onlangse 2023-’24-boekjaar nie.
Hy wou by Kamseb weet of hy regmatig die hoofstreekbeampte is, en hoekom hy geen antwoorde kon verskaf nie.
“Die inligting is nie geredelik beskikbaar nie,” het Kamseb aangevoer.
“Kunene is ’n hoë risikoprofiel en dit is ’n teken van ondergang. As die streekraad ondergaan is daar geen toekoms nie. Sodra die raad eers gesink het, wie sal verantwoordelikheid aanvaar?” wou Shikongo weet.
OPUWO-DORPSRAAD
By die Opuwo-dorpsraad gaan dit nie veel beter nie, met die uitvoerende hoof, Matjandjara Tjihuura-Katurota, wat ook nie in staat was om die droewige situasie sedert haar aanstelling in Augustus 2023 om te kon draai nie.
Sy het dadelik probleme ondervind in haar poging om die 2023-boekjaar op datum te bring, aangesien daar geen openingsaldo vir 2022 en 2023 beskikbaar was nie.
Die dorp kort ook personeel met die finansiële bestuurder wat in Januarie 2023 bedank het, die tegniese bestuurspos wat nou al vir ses maande vakant is, en geen rekenmeester is aangestel nie.
“Ons is reeds onderbeman maar die vaardighede is ook baie beperk,” sê Tjihuura-Katurota.
Sy moes noodgedwonge ’n konsultant aanstel om haar met die boekhouding te help, aangesien haar verantwoordelikhede as uitvoerende hoof haar nie toelaat om die boeke op datum te bring nie.
Boonop moes daar vanaf 2018 begin word, aangesien daardie jaar se verslagdoening beter was, hoewel die ouditeur-generaal steeds vrywaring vir daardie boekjaar gegee het.
Tjihuura-Katurota erken dat die ongeordende finansiële verslae verskaffers en beleggers afskrik om sake met die dorpsraad te doen, en bedreig ook die dorp om as ’n lopende saak te kan voortbestaan.
Die adjunkvoorsitter van die komitee, Leonard Shikulo, sê Opuwo is in die knyp en dat die dorp ’n ernstige probleem het.
Boonop is geen bankrekonsiliasie vir die afgelope vyf jaar gedoen nie.
Ander lede van die staande komitee sluit in George !Gobs, Harald Kambrude en Lonia Kaishungu.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie