Kusbewoners woedend oor RedForce
Handig twee klagskrifte aan munisipaliteit
'n WhatsApp-groep, Walvis Bay Residents Against RedForce, het reeds meer as 530 lede gewerf.
Die munisipaliteit van Walvisbaai het gereageer op twee klagskrifte wat onlangs aan dié instelling oorhandig is met betrekking tot inwoners se kommer oor dié dorp se skuldinvorderaars RedForce.
Elvis Goseb, wat die inwoners verteenwoordig, het hul teenkanting teen RedForce benadruk en gesê dit is onprakties te midde van die ekonomiese uitdagings wat die inwoners in die gesig staar.
Hy het aangevoer dat die munisipaliteit se beleid vir kredietbeheer nooit amptelik goedgekeur is nie en het die deursigtigheid van die aanstellingsproses van RedForce bevraagteken.
Inwoners het kapsie gemaak teen RedForce se vereiste dat hulle 75% van die uitstaande skuld vereffen voor watertoevoer herstel sal word. Die munisipaliteit is ook daarvan beskuldig dat hulle vertroulikheid skend deur private inligting aan RedForce te verskaf sonder die inwoners se toestemming.
Die inwoners het ook geëis dat skuld afgeskryf moet word wat tydens die Covid-19-pandemie opgehoop het, die beëindiging van RedForce se kontrak en om bykomende heffings op rekeninge te verwyder. Hulle het ’n 50/50-skuldinvorderingsplan voorgestel.
In ’n tweede klagskrif het inwoners die groot bedrae wat aan RedForce betaal is, bevraagteken en deursigtigheid geëis rakende die regsgrondslag vir waterafsluitings en vorige finansiële foute by die munisipaliteit.
Die waarnemende hoof van die munisipaliteit, John Esterhuizen, het in ’ brief aan inwoners gesê: “Ons wil jou verseker dat jou stem belangrik vir ons is en dat elke punt wat in die klagskrif geopper word, getakel sal word. Ons sal altyd seker maak dat al ons inwoners met respek en waardigheid behandel word, en ons neem enige bewerings wat die teendeel kan bewys baie ernstig op.”
Hy het bygevoeg dat inwoners antwoorde kan verwag op al die kwessies wat in die klagskrifte geopper word ná ’n informele raadsvergadering wat vir Dinsdag 16 April belê is.
INWONERS WERK SAAM
’n WhatsApp-groep, Walvis Bay Residents Against RedForce, het reeds meer as 530 lede gewerf.
Goseb het bevestig dat die inwonersgroep “die kantoor van die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Erastus Utoni, in die korrespondensie ingesluit het”.
“Hulle het ontvangs van ons amptelike korrespondensie erken. In ons korrespondensie het ons hul onmiddellike ingryping in hierdie dringende aangeleentheid versoek.”
'n Inwoner op die groep het gesê sy verskaf tans water “aan vier mense in die woonbuurt aangesien hulle klein kinders het en ek moet net help as gevolg van die klein kinders. Dit is jammer as inwoners nie water het nie, want hulle probeer werklik betaal”.
Nog ’n inwoner het gesê as rekeninge op datum betaal of betalingsreëlings in plek was, “sou ons nie by hierdie onaangename punt gekom het nie”.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie