TABLED: The chairperson of the management committee, councillor Richard Hoaeb (left) alongside the mayor of Walvis Bay Trevino Forbes. Photo Nikanor Nangolo
TABLED: The chairperson of the management committee, councillor Richard Hoaeb (left) alongside the mayor of Walvis Bay Trevino Forbes. Photo Nikanor Nangolo

Kusdorp lê N$1,1 miljard se begroting ter tafel

N$609 miljoen vir kapitaalprojekte
Die Walvisbaai-munisipaliteit se reusebegroting is geoormerk vir onder meer die ontwikkeling van erwe en verskeie ontwikkelingsprojekte.
Iréne-Mari van der Walt
Nikanor Nangolo - Die Walvisbaaise munisipaliteit het ’n begroting van N$1,1 miljard ter tafel gelê, wat ’n kapitaalbegroting van N$609 miljoen en ’n bedryfsbegroting van N$577 miljoen insluit.

Die voorsitter van die bestuurskomitee, raadslid Richard Hoaeb, het die publiek verseker die raad sal voortgaan om betrokke te raak by grondleweringsprojekte, wat dien as een van die hoofdryfvere van belegging, welvaart en werkskepping.

Die raad het tans vier deurlopende grondontwikkelingsprojekte aan die gang. Die projekte is om dienste na Narraville se uitbreiding 8 aan te lê teen ’n geraamde koste van N$26,7 miljoen, ’n hangende grondopname vir die stigting van ’n nedersetting by Meersig-uitbreiding 3 (N$11,4 miljoen), interne beplanning vir Kuisebmond erf 4171 (N$4,3 miljoen) sal na verwagting teen einde Junie afgehandel wees, asook ’n hangende grondopname om erwe by Meersig uitbreiding 2 te skep (N$3,1 miljoen).

Die kapitaalbegroting, wat uit beide deurlopende en nuwe kapitaalprojekte bestaan, sluit in grondontwikkelingsprojekte (39%), herstelwerk en vervanging van infrastruktuur (15%), diensleweringsprojekte (16%), maatskaplike projekte (11%), asook voertuigvervanging en verkryging van nuwe voertuie (18%) en bedryfskapitaalverwante uitgawes (1%).

IN DIE BEGROTING

Uit N$121 miljoen wat aan grondontwikkelingsprojekte toegeken is, wat vir meer as een finansiële boekjaar sal voortduur, is N$18,5 miljoen opsy gesit vir die ontwikkeling van deel 11 by Farm 37. Daarbenewens is N$10,5 miljoen bewillig vir die aanlê van krag na deel 10 van Farm 37. Deel 10 en 11 sal 727 erwe oplewer, waarvan 677 residensieel sal wees. Altesaam N$26,7 miljoen is begroot vir die ontwikkeling van Narraville uitbreiding 8, wat na verwagting 81 erwe sal oplewer, waarvan 71 residensieel is. Die oorblywende N$11,5 miljoen is geoormerk vir die ontwikkeling van Meersig uitbreiding 3, wat na verwagting sowat 94 erwe sal oplewer, waarvan 86 residensiële erwe is.

DIENSTE EN HERSTELWERK

Altesaam N$11 miljoen is vir diensleweringsprojekte bewillig, wat onder meer die implementering, opgradering en vervanging van water- en rioolinfrastruktuur en die beplanning en bou van ’n nuwe watersuiweringsaanleg behels. Altesaam N$16 miljoen is geoormerk vir die herstelwerk en vervanging van infrastruktuur, insluitend teer, herseël en herbou van strate en kruisings. Altesaam N$18 miljoen is aan maatskaplike projekte toegeken, insluitend die opgradering van die Ekutu- en Narraville-begraafplaas, die Bou Saam-program asook die bou van ’n brandweerstasie by Plaas 37.

BEDRYFBEGROTING

Die verwagte inkomste vir die nuwe boekjaar word op sowat N$577 miljoen geskat, terwyl die verwagte uitgawes op ’n geraamde N$577 miljoen te staan kom. Hoaeb het gesê die beramings vir die totale inkomste en uitgawes sluit beraamde nie-kontantinkomste en uitgawes van onderskeidelik N$64 miljoen en N$214 miljoen uit. Sowat 69% van die totale geraamde inkomste sal uit nutsdienste en verwante diensheffings kom. Hoaeb het daarop gewys dat geen tariefaanpassings op hierdie items vir die afgelope twee opeenvolgende boekjare voorgestel is nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!