Larandja lei Windhoek

Augetto Graig
“Kom ons spring aan die werk.”

Só het Ndeshafela Larandja, ’n raadslid van die Independent Patriots for Change (IPC), Dinsdag tydens haar aanvaardingstoespraak as Windhoek se nuwe burgemeester gesê.

Sy het die hoofstad se skoonheid en toerismepotensiaal beklemtoon, asook die uitdagings soos toegang tot sanitasie en skoon water vir talle Windhoek-gemeenskappe.

“Hierdie kwessies raak nie net die gesondheid van ons inwoners nie, maar ook die beeld en potensiaal van Stad Windhoek as ’n toerismebestemming.

“Om hierdie grondbeginsels te takel is nie net ’n morele verantwoordelikheid nie, maar ’n kritieke stap in die verwesenliking van ons visie vir ’n florerende stad wat besoekers lok, terwyl dit waardigheid en geleenthede bied aan almal wat hier woon,” het Larandja gesê.



BESTUURSKOMITEE

Die hoofstad se stadsraad het Dinsdag Windhoek se nuwe topleierskap verkies.

Landdros Immanuel Sumo Udjombala het die verkiesingsproses voortgesit, nadat Larandja en Swapo se raadslid, Austin Kwenani, beide vir die pos benoem en gesekondeer is. Larandja het met nege stemme teenoor drie gewen.

Carolina Clemencia Hanases van die Popular Democratic Movement (PDM) is sonder opposisie tot onderburgemeester verkies.

Ilse Keister van die Affirmative Repositioning (AR), Fransina Kahungu van Swapo, Bernardus Araeb van die IPC, Joseph Uapingana van die National Unity Democratic Organisation (Nudo) en Jürgen Hecht van die IPC is tot die bestuurskomitee verkies.

Swapo se raadslid Queen Kamati, die voormalige burgemeester, het ook vir ’n setel op die bestuursraad meegeding. Sy kon egter net vier stemme wen, vergeleke met die nege, tien en elf stemme wat die ander kandidate gekry het.

Keister is deur haar mederaadslede as voorsitter van die bestuurskomitee verkies.



VERKIESINGSPROSES

Dinsdag se verkiesing was die derde keer dat die stadsraad probeer het om nuwe leierskap te verkies, nadat raadslede op 2 Desember verlede jaar uitgestap het toe Udjombala hul versoek om uitstel van die hand gewys het.

Later dieselfde maand was daar nie genoeg raadslede teenwoordig by die tweede poging om ’n kworum te vorm nie.

Uit die 15 stadsraadslede was 12 Dinsdag in die Windhoekse stadsraadsaal teenwoordig.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 18° | 31° Rundu: 19° | 30° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 29° Ruacana: 20° | 32° Tsumeb: 19° | 31° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 21° | 34° Henties Bay: 19° | 22° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 26° | 38° Keetmanshoop: 24° | 38° Aranos: 25° | 37° Lüderitz: 18° | 33° Ariamsvlei: 22° | 38° Oranjemund: 17° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 22° | 37° Lubumbashi: 16° | 21° Mbabane: 16° | 28° Maseru: 17° | 34° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 18° | 24° Maputo: 22° | 33° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 20° | 26° Durban: 19° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 16° | 27° #REF! #REF!