LGBTQI en VN se vlae wapper in solidariteit
Vlaghysing is betekenisvol
VN-huis 'n veilige plek vir almal vry van stigmatisering en diskriminasie.
Die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram (UNDP) in vennootskap met die Positive Vibes Trust en die Verenigde Nasies se Inligtingsentrum (UNIC) het vir die eerste keer die LGBTQI-vlag by die VN-huis gehys om die VN se verbintenis om “veilige ruimtes”, vry van stigmatisering en diskriminasie te skep.
Pride-maand word elke jaar in Junie oraloor die wêreld gevier as ’n vreedsame beweging vir bevryding en selfbevestiging as erkenning van die verskillende seksuele oriëntasies en geslagsidentiteite wêreldwyd.
Ter viering van die laaste dag van die maand, is die belangrikheid van die bevordering van diversiteit en insluiting weer na vore gebring, die vordering wat op alle vlakke vir die LGBTQI-gemeenskap gemaak is en om te eis dat die nodige stappe gedoen moet word.
Me. Alka Bhatia, UNDP se inwonende verteenwoordiger, het dié organisasie se rol beklemtoon om die kapasiteit van burgerlike samelewingsorganisasies te versterk en te ontwikkel, met ingrypings wat fokus op die mees kwesbare groepe, insluitend die LGBTQI-gemeenskap.
“Die Inklusiewe Bestuursinisiatief (IGI) is een van die UNDP se Afrika-streekprojekte wat lande, insluitend Namibië, ondersteun om seksuele en geslagsminderhede in te sluit in nasionale pogings om die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte (SDG’s) te bereik en om menseregte te bevorder en te beskerm,” het Bhatia gesê.
“Artikel 1 van die universele verklaring van menseregte verskans die regte en vryhede van alle mense; dit hou die eenparige belofte in van ’n wêreld waar almal vry en gelyk in waardigheid en regte gebore word,” sê mnr. Sen Pang, die VN se inwonende koördineerder in Namibië.
“In die gees van ‘laat niemand agter nie’, erken ons dat LGBTQI-gemeenskappe ’n belangrike rol speel as ons die belofte van die SDG’s wil nakom. Ons kan nie ’n beter wêreld bou as almal nie deel daarvan voel nie,” het hy bygevoeg.
STEMME
Mnr. Jonathan Solomons, LGBTQI- en sekswerkeraktivis, beampte verantwoordelik vir ontwerp, monitering, evaluering en onderrig vir Free to Be en verteenwoordiger van Positive Vibes Namibia, het in sy toespraak die stories en stemme van sommige in die LGBTQI-gemeenskap oorgedra.
“Om gay groot te word, is die moeilikste ding waardeur iemand kan gaan. Ek verstaan nie hoekom mense dink hierdie lewe is my keuse nie,” sê ’n gay man van Walvisbaai.
“Al wat ek ooit wou gehad het, was liefde, om te voel dat ek behoort,” sê ’n gay man van Windhoek.
“Elke dag as ek wakker word, of take verrig, of die huis verlaat, as ek ’n taxi neem, is ek trans,” volgens ’n transgender vrou van Windhoek.
“Ek het by die polisiekantoor ’n klagte gaan indien. Hulle het net ’n gek van my gemaak en gesê hulle sal nie ’n saak open nie, want ‘hoe kan ’n man deur ’n ander man verkrag word? En jy wil vroulik wees, so die ou was goed om jou te verkrag.’
“Hulle het net vir my gelag. ‘Jy weet dat sodomie nie in hierdie land toegelaat word nie, ons kan nie jou saak vat nie. Jy is ook ’n sekswerker, so gaan net uit, gaan uit.’ Ek was magteloos,” het ’n transgender sekswerker in Windhoek gesê.
Solomons het versoek dat Namibiese beleide en wette op geregtigheid fokus. “Kom ons skuif neutraliteit opsy en maak seker dat ons beleide, wette, ons praktyke die ongelykhede takel wat ons gemeenskap in die gesig staar en die geregtigheid van alle Namibiese mense bewerkstellig,” het hy gesê.
Mnr. Nortin Brendall, programbestuurder by Positive Vibes Trust, sê: “In ons kultuur hys ons vlae om belangrike gebeurtenisse te vier, soos om ’n wit vlag te hys wanneer jy trou.
Vandag se vlaghysing by die VN-huis is betekenisvol; dit maak ’n diepgaande stelling wat vir ons beteken ‘julle is welkom in my teenwoordigheid’; dis ’n ‘veilige ruimte’ en hiervoor is ons die VN dankbaar.
“Dankie, UNDP, vir die vennootskap. Die werk wat ons saam doen, het groot waarde en maak ’n geweldige impak.”
Die LGBTQI-vlag sal steeds in die VN-huis se ontvangsarea hang as ’n visuele herinnering aan almal dat die VN-huis in Namibië ’n veilige ruimte is wat insluiting en diversiteit bevorder.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie