Dubbele moordbeskuldigde, mnr.  Ernst Lichtenstrasser. Foto Argief.
Dubbele moordbeskuldigde, mnr. Ernst Lichtenstrasser. Foto Argief.

Lichtenstrasser: Derde borgaansoek misluk

Nimt-moordverhoor
Kristien Kruger
Kristien Kruger

Die man wat daarvan beskuldig word dat hy die Namibië Instituut vir Mynbou en Tegnologie (Nimt) se uitvoerende direkteur en adjunkdirekteur, mnre. Eckhart Mueller en Heimo Hellwig, in April 2019 doodgeskiet het, se derde aansoek om borgtog is Woensdag van die hand gewys.

Mnr. Ernst Lichtenstrasser (60) het sy aansoek op nuwe feite geskoei wat die impak van Covid-19 op sy verhoor en sy geestesgesondheidsprobleme ingesluit het.

Volgens Lichtenstrasser ly hy aan slaapverlies en angs en sien hy weekliks ’n sielkundige. Die pandemie het reeds talle kere sy verhoor vertraag en hy voorspel dat dieselfde in die toekoms sal gebeur indien hy nie borgtog toegestaan word nie.

Regter Claudia Claasen het beslis dat die staat ’n sterk saak teen Lichtenstrasser het en dit ’n aspek is wat sedert sy vorige twee aansoeke nog nie verander het nie. Dit is daarom steeds ’n risiko dat hy op die vlug kan slaan indien hy op borgtog vrygelaat word, het Claasen beslis.

Die regter het ook beslis dat borgtog nie in openbare belang sal wees nie.

Lichtenstrasser staan tereg op twee aanklagte van moord, twee aanklagte vir die besit van ’n vuurwapen sonder ’n lisensie, die besit van ammunisie sonder ’n lisensie, diefstal en een klag van regsverydeling.

Hy het onskuldig gepleit op al agt klagte teen hom en sy verhoor is tans aan die gang in die hoërhof in Windhoek en sal op 14 Maart hervat.

Daar word beweer dat Lichtenstrasser voor die skietvoorval ’n paar jaar lank op Nimt se Tsumeb-kampus in diens was en hy ontevrede was oor ’n besluit deur die direkteure om hom na die Keetmanshoop-kampus te stuur.

Hy het na bewering vanaf Otavi, waar hy woon, na die Arandis-kampus gery en die twee mans in ’n koeëlreën voor Nimt se gebou doodgeskiet voordat hulle met hul werksdag kon begin.

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!