Liefde vir sport kom ’n lang pad

Open eerste gimnasium op Mariental
Unomasa Kavita bied atlete 'n plek om te oefen en om professionele afrigting te ontvang.
Tanja Bause
Tanja Bause

“Op die stofstrate van Mariental het ek en vriende rugby met ’n leë 2 liter-koeldrankbottel gespeel. Dís waar my liefde vir rugby begin het en hoe ek die trui met die visarend op oor my kop kon trek,” het Unomasa Masa Kavita (26), eienaar van Kavita Sports Performance op Mariental, gesê.

Masa is op Mariental gebore en het sy skoolloopbaan in dié dorp begin en matriek by Windhoek Hoërskool voltooi.

“As ’n laaitie is ek aan verskillende sportkodes blootgestel. Die mense in my klein stofdorpie was mal oor alle sportsoorte. Ons bure Ferguson Paulse en sy broers het my aan rugby bekend gestel toe ons in die strate met die 2 liter-koeldrankbottel as bal gespeel het. Ons het nie die regte balle en goed vir al die sportkodes gehad nie, maar dit het ons glad nie gestop of afgesit nie. Ons het krieket met ’n tennisbal gespeel en aflos met boomtakke gehardloop.”

By die Laerskool Danie Joubert is sy liefde vir sport nog verder versterk en hy sal altyd dankbaar wees dat sy onderwysers dié liefde aangemoedig het.

SPORT

“Ek het aan atletiek, veral die 200 meter, deelgeneem en later in verspring gespesialiseer, waar ek as 16-jarige ’n silwer medalje by Windhoek se Senior Nasionale Grand Prix ingepalm het en in dieselfde jaar Namibië by die Cossasa-spele in Harare, Zimbabwe, verteenwoordig het. By dié spele het ek goud in verspring gewen met ’n sprong van 7,05 meter. WHS se eerste rugbyspan en Unam-rugbyKlub was van die beste tye vir my as sportman. Dit het ’n stewige fondasie vir my toekomstige prestasies in rugby gelê.

“Ek het vir die Namibiese Studente-sewesspan in Wallis, vir die o.16 en o.20 Namibiese junior rugbyspanne asook die senior sewesspan uitgedraf.”

KAVITA SPORTS

In September 2021 het hy Kavita Sports Performance op Mariental met twee atlete geopen.

“Ek het die plesier en eer gehad om Namibië op internasionale vlak in beide atletiek en rugby te kan verteenwoordig, maar daar was altyd die gebrek aan spesialisafrigters en gimnasiumgeriewe in my tuisdorp wat my atletiese vermoë tot die volgende vlak kon vat. Ek is dikwels gelos om op my eie te oefen en aan te gaan. Opleiding en jare se ondervinding as ’n atleet het uiteindelik gelei tot die geboorte van Kavita Sports Performance. Ek het ’n gaping in die mark geïdentifiseer en besluit om op te tree en my ervaring en kennis met junior en senior atlete te deel.”

Intussen het Kavita Sports die Mariental Sportklub se sokkerspan gereed gekry om aan die sokkerliga te kan deelneem. Hy het ook die fiksheid van die brandweerpersoneel van die Mariental-munisipaliteit op standaard gekry.

“Ons bied krag en kondisionering aan vir atlete van verskeie sportkodes. ’n Krag- en kondisioneringsafrigter neem ’n atleet deur ’n hoëprestasieprogram wat ’n atleet sy beste fisieke vorm laat bereik, om te kan meeding.”

Die afrigter bestudeer patrone en bewegings in ’n sportsoort en werk dan ’n program uit wat dié bewegings en patrone naboots en manipuleer om die atlete en hul prestasie te verhoog. “Kavita Sports Performance is hier om atlete se prestasie na die volgende vlak te neem. Ons sit hulle deur pasgemaakte krag- en kondisioneringsprogramme wat geskik is vir hul behoeftes.

“Ons werk saam met hulle om hul spoed, vermoëns, beweeglikheid en krag te verbeter en dra dit oor na hul spesifieke sportkode, waarna hul prestasie aansienlik verbeter.”

Dit is egter nie net atlete wat welkom is nie. Enige iemand kan by Kavita Sports kom aanklop en saam met Masa vir hulself doelwitte stel wat hy hulle sal help bereik.

HOOGTEPUNT

“Om Namibië in verskeie sportkodes te kan verteenwoordig, om daardie visarend oor jou bors te trek, is ’n groot eer. Om die sakewêreld aan te pak deur die opening van my eie gimnasium en stelselmatig ’n sukses daarvan te maak, is ook een van my hoogtepunte. Die dag toe my pa ’n artikel van my in die koerant met die opskrif ‘Young Uno, Copy book of Andre Stoop’ lees en die ou man ’n traan gestort het, was vir my ’n besonderse oomblik.”“’n Absolute laagtepunt was toe ek my pa aan die dood moes afstaan. Dis moeilik om ’n ouer te verloor, maar ek weet ek kan hom steeds op verskeie maniere trots maak en een van hulle is om my volle potensiaal as Unomasa Kavita te bereik.”

DIE TOEKOMS

“As ’n krag- en kondisioneringsafrigter sien ek Kavita Sports Performance as ’n plek wat hoogs presterende atlete in Namibiese nasionale spanne gaan bied en ’n loopbaan in sport vir atlete sal skep.

“Ons gaan streek- en nasionale oefenkampe aanbied en binne die volgende vyf jaar dieselfde projek in ander streke begin. As Masa, die persoon, wil ek graag deur die wêreld toer en aan verskillende kulture blootgestel word en van hulle en oor hulle leer.

“Ek wil ’n impak maak as ’n leier vir jongmense in Namibië en oor naweke wil ek graag die stofpad plaas toe aanpak met my toekomstige vroutjie, kinders, en ’n redelike paar skape in my Cruiser se bak.”

Kommentaar

Republikein 2024-09-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford #REF! Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.22 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.3 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.93 | USD to AOA 929.24 | USD to BWP 13.15 | USD to EGP 48.62 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.07 | USD to ZAR 17.3 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14269.55 Up +0.16% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31022.54 Down -0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 632.12/OZ UP +0.22% | Copper US$ 4.43/lb UP +2.44% | Zinc US$ 2 978.80/T UP 3% | Brent Crude Oil US$ 75.70/BBP UP +1.78% | Platinum US$ 966.86/OZ UP +0.92% #REF!