Man wat kind doodry, kry borg
Reeds skuldig bevind
'n Man wat tot drie jaar tronkstraf gevonnis is vir strafbare manslag, was suksesvol in sy appèl teen die weiering van borgtog.
Kristien Kruger
’n Man wat op 17 Maart skuldig bevind is op ’n klag van strafbare manslag nadat hy die dood van ’n kind veroorsaak het, is Maandag borgtog toegestaan.
Die staat het beweer mnr. Pieter Jacobus Booysen het te vinnig gery toe hy ’n kind in die pad doodgery het.
Volgens Booysen was daar talle kinders langs die pad. Een van die kinders het oorgehardloop, besluit om om te draai en toe gegly en geval waarna hy oor die kind gery het.
Booysen het tydens sy verhoor volgehou hy het versigtig gery en was op die uitkyk vir voetgangers. Hy beweer verder dat die oorledene nie van ’n nabye voetoorgang gebruik gemaak het nie en op die verkeerde plek die pad probeer oorsteek het. Hy sê die ongeluk was nie sy skuld nie.
DRIE JAAR TRONKSTRAF
Booysen is op 18 Maart tot drie jaar tronkstraf gevonnis waarvan een jaar opgeskort is.
Op 22 Maart het hy teen die skuldigbevinding en vonnisoplegging geappelleer en op 27 Maart was hy onsuksesvol in sy aansoek om borgtog hangend die appèl. Drie dae daarna het hy ’n appèlaansoek by die hoërhof in Windhoek teen die weiering van borgtog ingedien en die appèl is Dinsdag toegestaan.
Regters Herman January en Naomi Shivute het borgtog van N$10 000 toegestaan en die borgtogvoorwaardes is dat Booysen sy reisdokumente moet inhandig; hy moet een keer per week by die polisiekantoor op Keetmanshoop aanmeld en hy moet die ondersoekbeampte in kennis stel voordat hy Keetmanshoop verlaat.
Booysen se aansoek om borgtog is daarop gebaseer dat hy ’n redelike vooruitsig op sukses in die aansoek om appèl teen sy skuldigbevinding en vonnisoplegging het en dat hy nie sal vlug nie.
“Die laer hof het ’n fout gemaak deur te besluit dat die applikant [Booysen] geen vooruitsig van sukses in sy appèlaansoek het nie. Ek is van mening dat ’n ander hof tot ’n ander beslissing kan kom,” het Booysen in sy hofstukke gesê.
Die hoërhof se uitspraak was in teenstelling met dié van die landdroshof op Keetmanshoop.
“Dit is duidelik uit ander sake dat die diskresie om borgtog toe te staan afhang van die vooruitsigte van die appèl. Borgtog moet geweier word in gevalle waar daar geen kans is vir ’n suksesvolle appèlaansoek nie.
“Borgtog is toegestaan om onnodige druk op die applikant te vermy en te verhoed dat hy sy hele vonnis uitdien wat moontlik op appèl omgekeer kan word,” lui die uitspraak.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie