Maree-saak terug in laer hof
Volgende verskyning op 8 April
Kristien Kruger
Die man wat na bewering talle minderjarige seuns in Windhoek verkrag en vir pornografiese doeleindes misbruik het, het Vrydag in die landdroshof in Windhoek verskyn.
Sy saak wat glo na die hoërhof oorgeplaas is, is terug na die landdroshof geskuif.
Die aanklaer-generaal het glo nie die skuif goedgekeur nie en die oorplasing is daarom teruggetrek.
Mnr. Johann Maree (50) is in April 2021 in hegtenis geneem en sy formele aansoek om borgtog is in Oktober verlede jaar van die hand gewys. Maree appelleer dié uitspraak.
Hy sou vandeesmaand in die hoërhof verskyn het vir voorverhoor nadat ’n hofbevel – wat in Januarie uitgereik is – sy saak na die hoërhof verwys het. Hierdie verwysing het egter nie die vereiste goedkeuring van die aanklaer-generaal gehad nie.
KLAGSTAAT
Die voormalige polisieman en reservis staan tereg op 40 aanklagte wat verkragting, kinderhandel, onsedelike aanranding en die seksuele uitbuiting van kinders en die vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie insluit.
Dit het tydens Maree se aansoek om borgtog aan die lig gekom die Namibiese polisie het inligting van die polisie in Nederland ontvang dat ’n inwoner van Namibiër by die verspreiding van pornografie op die donker web betrokke is en só het die gereg op sy spoor beland.
Maree was ten tyde van sy inhegtenisneming ’n fotograaf wat sportgeleenthede afgeneem het. Hy het ook ’n modelonderneming met die naam Boy Idols gehad en het glo modelportefeuljes van jong seuns tussen die ouderdomme van 6 en 19 opgestel.
Hy het tydens sy borgtogaansoek skuld ontken.
Die saak is tot 8 April uitgestel en Maree bly in aanhouding.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie