Vanjaar se top-20-presteerders saam met die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Anna Nghipondoka, die uitvoerende direkteur, me. Sanet Steenkamp, die adjunk- uitvoerende direkteur, me. Edda Bohn en personeel. Die topkandidate is Enobong Akpabio, Hendrik Smit, Mia van Wyk, Taro Samuelson, Max Feilmeier, Mioné Garbers, Aneska Volker, Chris Fourie, Rhosta Lyatumba, Lize-Mari Harmse, Simon Velishavo, Ivan du Plooy, Al-Zarrio Beukes, Di Christa Mahoro, Magano Amakali, Max Begamedi, Altus Burger, Engela Genis, Karli Rudolph en Nelmari Dauth. FOTO Wetumwene Shikage
Vanjaar se top-20-presteerders saam met die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Anna Nghipondoka, die uitvoerende direkteur, me. Sanet Steenkamp, die adjunk- uitvoerende direkteur, me. Edda Bohn en personeel. Die topkandidate is Enobong Akpabio, Hendrik Smit, Mia van Wyk, Taro Samuelson, Max Feilmeier, Mioné Garbers, Aneska Volker, Chris Fourie, Rhosta Lyatumba, Lize-Mari Harmse, Simon Velishavo, Ivan du Plooy, Al-Zarrio Beukes, Di Christa Mahoro, Magano Amakali, Max Begamedi, Altus Burger, Engela Genis, Karli Rudolph en Nelmari Dauth. FOTO Wetumwene Shikage

Méér skryf eksamen, kan verder studeer

Styging van 53,9% in getal kandidate
Vanjaar kwalifiseer 12,7% kan­didate met 'n C-simbool en hoër vir studies aan 'n instelling van hoër onderrig wat die Gewone Vlak-sertifikaat aanvaar.
Henriette Lamprecht
Meer as 3 000 graad 11-gewone vlak-kandidate het verlede jaar bykomend vir graad 12 (gevorderde vlak) gekwalifiseer as in 2020.

Verlede jaar het 8 817 kandidate gekwalifiseer teenoor die 5 007 in 2020.

Met ’n styging van 36,8% teenoor 2020, kwalifiseer 12,7% van verlede jaar se voltydse kandidate vir die graad 11 (Namibië Senior Sekondêre Sertifikaat Gewone Vlak – NSSCO)-eksamen met ’n C-simbool of hoër vir studies aan ’n instelling van hoër onderrig wat die sertifikaat aanvaar. In 2020 het 24,1% van leerlinge gekwalifiseer.

In 2021 kwalifiseer 19,4% meer ­kandidate met ’n D-simbool of hoër in Engels.

’n Totaal van 46 977 voltydse kandidate het die eksamen afgelê. Dis ’n styging van 25 329 leerlinge, ofte wel 53,9% meer as in 2020. Die deeltydse kandidate was 7 348.

Die minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Anna Nghipondoka, het Vrydag tydens die aankondiging van die graad 11-uitslae gesê 12,7% méér voltydse kandidate as in 2020 het met ’n C- of hoër simbool gekwalifiseer om by instellings van hoër ­onderrig te gaan studeer wat die NSSCO aanvaar.

Byna 20% meer kandidate het met ’n D- of hoër simbool in Engels gekwalifiseer as in 2020.

Vanjaar het Khomas stof in die oë van die res van die land se streke geskop en spog met 12 kandidate onder die top-20.

Dit word gevolg deur Erongo met vier presteerders, Kavango-Oos met twee en Hardap en Oshikoto met een elk. Volgens Nghipondoka is dit ’n bewys dat die ministerie daarin geslaag het om toegang te verbreed vir vordering tot die senior sekondêre vlak en ’n verhoogde voltooiingskoers behaal.

Die minister het erken die ­hersiene leerplan het grootskaalse veranderinge in die land se onderrigstelsel teweeg gebring.

Volgens die ou leerplan het ­leerlinge die Junior Sekondêre ­Nasionale ­Eksamens afgelê met ­suksesvolle kandidate wat aan die einde van graad 10 ’n Junior Sekondêre Sertifikaat ontvang het.

Leerlinge wat nie die vereiste 23 punte behaal het om na die ­volgende graad te vorder nie, het dikwels die formele skoolstelsel verlaat en moes by deeltydse sentrums hul punte verbeter om weer tot formele onderrig toegelaat te word.

“Dié leerlinge was baie jonk (tussen 15 en 16) om skool te verlaat en moet langer in skole gehou word om hul formele onderrig te voltooi.

“Die sertifikaat is ook nie meer ’n vereiste vir indiensneming of vir die meeste kwalifiserende kursusse by tersiêre instellings nie en het geen waarde meer vir die kandidate ná skool nie,” het sy verduidelik.

Met verwysing na vanjaar se uitslae wat later as gewoonlik bekend gemaak is, het die minister dit voor die deur van die ministerie gelê wat gedwing was om die wintervakansie te verleng weens die toename in gevalle van die Delta-variant, die gevolglike wysiging van die skoolkalender en die nasionale eksamens en die uitlek van vraestelle verlede jaar.

Bykomende bronne moes beskikbaar gestel word om die uitslae betyds vry te stel, wat volgens haar ingesluit het ’n verhoging in die aantal merkers en die vermindering in die aantal dae vir merk.

Die herdruk en verspreiding van vraestelle het die ministerie meer as N$15 miljoen in direkte plus verskuilde koste op nasionale vlak uit die sak gejaag. Die sluit die uitgawes van onderwysdirektorate op streekvlak uit.

Met verwysing na die simbole wat behaal is, sê Nghipondoka na rekenaarstudies waarin kandidate die beste gevaar het, het wiskunde, wetenskap en maatskaplike studies gevolg.

Meer as 50% het ’n C-simbool en beter in eerste tale behaal, met 99,6% wat ’n simbool hiervoor verwerf het.

Portugees as vreemde taal het ander tale uitgestof, met meer as 87% wat A- tot C-simbole behaal het.

Khomas vaar die beste met prestasies in Engels tweede taal, wiskunde, chemie, fisika, biologie en landbouwetenskap.

Drie streke – Omaheke, Kunene en Zambezi – is egter nie onder enige van die plekke wat simbole vir dié vakke behaal het nie.

Vanjaar se top-5-presteerders is Enobong Akpabio van Rev Juuso Shikongo Sekondêre Skool in die Oshikotostreek, Hendrik Smit van Walvisbaai Privaatskool in Erongo, Mia van Wyk ook van Walvisbaai Privaatskool, Taro Samuelson van Windhoek Gimnasium in Khomas) en Max Feilmeier van Delta Sekondêre Skool in Khomas.

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!