Meeste van Windhoek se busse staan stil
Tekorte aan onderdele of lisensies bring vertragings
Augetto Graig
Die hoofstad se busdiens kon oor die afgelope weke net omtrent 20 van sy 64 busse daagliks gebruik.
Ongeveer 3 000 passiers maak daagliks van die munisipale busdiens gebruik en word gevolglik deur vertragings ontwrig.“Onvoldoende beskikbare busse wat in bedryf is, lei daartoe dat sommige roetes nie volledig gediens word nie. Dit het ’n negatiewe impak op die daaglikse busdiens, veral op die betroubaarheid van die diens,” het Windhoek se munisipale woordvoerder, me. Lydia Amutenya, aan Republikein bevestig.
Sy sê die situasie is aan ’n verskeidenheid oorsake toe te skryf, maar grotendeels as gevolg van vertraging in die voorsiening van onderdele vir die munisipale busse se herstel. Baie van die nodige onderdele kom uit Suid-Afrika, maar ook van elders en op die oomblik duur die oponthoude langer as normaalweg, sê sy.
Ander oorsake vir die onbeskikbaarheid van sommige munisipale busse hou verband met die voertuiglisensies, het sy erken.
“Soms is die lisensieskyfies nie geredelik beskikbaar nie, maar dis ’n plaaslike probleem, hoewel ook nie altyd binne ons beheer nie, anders as die kwessie van onderdele wat in die buiteland ontstaan,” sê sy.
“Die munisipaliteit van Windhoek volg prosedure in plek vir (voertuig)lisensies en registrasies, soos uitgewys deur die regering se regulasies.
ELKE ROETE GERAAK
“Ons werk daagliks met gemiddeld 20 of 21 busse. Hierdie getal is baie laag, indien die aanvraag in ag geneem word. Daarom word al ons roetes geraak en word elke dag vertragings ervaar.”
Amutenya sê hoewel van die roetes nie volledig gediens word nie, kan die stad steeds al sy roetes tot mindere of meerdere mate diens.
“Die stad het ’n gebeurlikheidsplan ingestel wat verseker dat al ons bestemmings gediens word. Al ons mees bevolkte bushaltes in beide rigtings word daagliks gediens. Boonop probeer ons om ons reise van die normale twee reise per skof tot drie te verhoog,” voeg sy by.
Amutenya erken dat geen openbare kennisgewing oor die ontwrigte diens deur middel van enige media gedoen is nie, behalwe wanneer hul bedryfspan of busdrywers gedurende reise en by die belangrikste busstoppe met pendelaars gekommunikeer het.
Gister het sy gesê die munisipaliteit kon reeds 33 busse op Windhoek se roetes kry en hoop om die getal teen einde vandeesweek tot 40 op te stoot.
“Ons hoop die situasie verbeter, miskien nog dié week, of aan die begin van volgende week,” het sy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie