Merkwaardige tannies van Outjo kry slaggate beet
Tanja Bause
Tannie Rosa van Zyl (79) en tannie Hettie de Wet (79) het twee manne gehuur om die slaggate in die pad voor die NG Kerk op Outjo te herstel.
“Dit was Rosa se idee om die straat aan te pak. Sy en haar oorlede man het al voorheen dieselfde straat reggemaak. Sy het Alex en Immanuel gekry en emmers vol gruis en sand is aangery nog voor ek by die projek betrokke geraak het,” het tannie Hettie gesê.
Die slaggate is oopgekap en met sement gevul.
“Ons het die kerk se tuinslang gebruik, maar dit was te kort en ons moes emmers water aanry totdat die reën gekom en ons gehelp het. Ons het twee dae aan die gate gewerk, maar dit het nie soos werk gevoel nie. Ons het baie gelag en pret gehad. Rosa het vir die manne gesê hulle moet op die sement dans om dit lekker vas te trap en so is daar op elke gat met breë glimlagte gedans. Alex het ook verjaar en natuurlik het ons sy verjaardag met lekkernye gevier.”
Die twee vroue is beide op Outjo gebore en beide het sub A (graad 1) in dieselfde jaar begin.
Tannie Rosa het haar rug beseer en ’n waentjie gekry waarmee sy elke oggend in haar buurt gaan stap.
“Sy het een plastieksak aan die handvatsel vasgemaak en begin om rommel op te tel. Sy tel nou elke dag twee sakke vol rommel op. Rosa het ook al 37 leë bierbottels opgetel en verkoop. Ons spot haar en sê nou kan sy twee brode koop,” het tannie Hettie skertsend gesê.
Dié vroue is nie alleen nie en iemand het op die Facebook-blad Ons Dorp Outjo gesê: “Tannie Elize Pienaar maak weekliks haar straat skoon en sy het ’n hele Saterdagoggend gehelp om die vullisterrein skoon te maak.”
Die tannies is deel van die Droom vir Outjo 2-projek wat weer in die lewe geroep is om die dorp skoon te maak en nypende kwessies op te los.
bEGEESTERD
“Ons het ’n vergadering gehou en dit was maar net die ouer garde wat begeesterd was om ons dorp weer mooi te maak. By die vergadering is mense wat net wou kla, nie toegelaat nie. Jy kon deel wees as jy ’n oplossing gehad het. Die eerste projek wat ons aangepak het, was die skoonmaak van die asgate. Die asgate is ook omhein en ’n wag is by die hek geplaas om seker te maak mense hou dit netjies.”
Die tannies het besluit om iets te doen in die hoop dat dit ander mense in ander dorpe sal aanspoor om ook hul dorpe skoner en mooier te maak.
“Wanneer ons mense sien wat rommel strooi dan raas ons met hulle. Ons het gister ’n plek skoon gemaak en vandag lê daar weer rommel op dieselfde plek.” – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie