Metcalfe onttrek van RedForce-sage
Nadat chaos Dinsdag tydens ’n dorpsraadsvergadering uitgebreek het en vier raadslede uitgestorm het, het die munisipaliteit van Walvisbaai se regsverteenwoordiging nou ook die pad gevat.
“Ons firma kan nie voortgaan om ’n kliënt te verteenwoordig wat weier om te voldoen aan die bepalings van die wet op plaaslike owerhede, die Wet op Openbare Verkryging no. 15 van 2015, sy eie kredietbeheerbeleid en waterregulasies nie," het die munisipaliteit se voormalige regsverteenwoordiger, adv. Richard Metcalfe, in ’n memorandum gesê.
Metcalfe is as regsadviseur aangestel om die aanstelling van RedForce Debt Management CC te ondersoek.
REDFORCE WEER AANGESTEL
Metcalfe het ook gesê dat hy hom aan van beide hofsake tussen die munisipaliteit en RedForce gaan onttrek.
“U resolusies het egter sulke sake doeltreffend afgehandel tot nadeel van u kiesers ten gunste van RedForce Debt Management Close Corporation. Dit is voor die hand liggend dat u geen belang het in die afhandeling van die verslag oor die aanstelling van RedForce en/of sy bedrywighede en/of die inwoners en belastingbetalers van Walvisbaai nie.
Metcalfe het verder in die memorandum gesê dat ’n finale verslag geskeduleer was om teen 31 Julie 2024 verskaf te word, maar dat hulle die ondersoek gaan staak.
“Maar met die ‘nuwe regime’ wat tot stand gebring is deur die waarnemende uitvoerende hoof, John Esterhuizen, met David Uushona te vervang, is inligting geblokkeer en/of selektief verskaf.
“Toegang tot e-posse is geblokkeer en daar is uiters relevante inligting daarin wat verdere insig sal gee oor die aanstelling van RedForce,” lui die memorandum.
Metcalfe voer verder aan dat sulke inligting doelbewus geblokkeer en/of gewysig is om gevolgtrekkings te voorkom en hy meen dit maak verdere ondersoeke onmoontlik.
In die memorandum beweer Metcalfe dat ’n 12%-invorderingsheffing onwettig op rekeninghouers, inwoners en belastingbetalers gehef is op grond van die ooreenkoms wat die waarnemende uitvoerende hoof met RedForce onderteken het.
CHAOS
By die munisipale raadsvergadering wat Dinsdag plaasgevind het, het chaos uitgebreek toe raadslid Ephraim Shozi bevraagteken het waarom sy navrae met betrekking tot die aanstelling van Uushona nie op die agenda gevoeg is nie.
Te midde van kritiek hou die burgemeester Trevino Forbes, sowel as die voorsitter van die bestuurskomitee, Richard Hoaeb, vol dat die wet op plaaslike owerhede die bestuurskomitee van die raad magtig om ’n waarnemende uitvoerende hoof aan te stel.
Die bakleiery het byna daartoe gelei dat die veiligheidswag ontbied is om raadslede Albertina Nkoshi, Paulus Kauhondamwa en Ephraim Shozi te verwyder. Hierdie raadslede, saam met Ryan Gordon, het wel gekies om uit die vergadering te stap en het dit as “onwettig” verklaar.
Forbes het verklaar dat hy nie sal toelaat dat daar ’n bespotting van die raadsaal gemaak word nie.
“Ons het verskillende raadslede en ons het verskillende menings, maar op die ou einde van die dag moet ons doelwit altyd dieselfde wees en dit is om dienste aan die inwoners van Walvisbaai te lewer. Ek sal nie toelaat dat wetteloosheid in hierdie kamers voortduur nie.
“Die oppergesag van die reg en demokrasie sal in hierdie raadsaal en in hierdie dorp seëvier. Ons sal die belange en die behoeftes van hierdie mense dien sonder vrees of guns.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie