Meunae groet Windhoek

Tanja Bause
Meunae Katjitundu (11) het gister saam met haar ma, Diethelma, haar pa, Cecil, en broer, Timothy (6), in ’n bakkie geklim om ’n nuwe lewe op ’n plaas buite Maltahöhe te begin.

Meunae lei aan metaboliese sindroom en sy weeg 147 kilogram.

Me. Susanne Berchtold van die organisasie “We do Special” wat onder die Childrens Camp Namibia val, het die familie kom haal en na die plaas Gamis sowat 80 km noord van Malta­höhe geneem.

“Ons wil kinders met spesiale behoeftes help. Ek is seker ons kan met die regte gesonde kos en oefening haar gewig onder beheer bring. Ons wil terselfdertyd haar ouers leer wat die regte kos is.

“Ons neem ook die ouers hier op die plaas in diens en die broer sal in Maltahöhe skool gaan. Meunae is die eerste kind wat ons as nuutgestigte organisasie inneem en wil help.”

Meunae het toe sy drie maande oud was al oor die 10 kg geweeg en op nege maande kon haar ouers haar nie meer optel nie.

Haar ouers – wat werkloos was – kon nie gesonde voedsel bekostig nie en alhoewel hulle geweet het pap is nie ideaal vir hul kind nie was die keuses min.

“As ons vir haar gesonde kos gekoop het, het ons nie geëet nie. Nou kry my kind ’n kans op ’n nuwe lewe en sy en ons as familie gryp dit met beide hande aan. Ons wil die gesonde manier probeer en hoop dus dat sy nie ’n operasie nodig sal hê nie,” het haar pa gesê.

“Ek is so gelukkig en kan nie wag nie, maar ek is ook bietjie hartseer omdat ek my vriende en alles wat ek ken, gaan agterlos. Ek is egter opgewonde oor die geleentheid en nuwe uitdaging,” het Meunae gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 23° | 39° Eenhana: 24° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 21° | 36° Tsumeb: 25° | 37° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 19° | 32° Henties Bay: 14° | 18° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 17° | 30° Mariental: 13° | 29° Keetmanshoop: 9° | 28° Aranos: 16° | 30° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 10° | 27° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 37° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 35° Maseru: 13° | 26° Antananarivo: 16° | 29° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 21° | 41° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 15° | 19° Durban: 16° | 22° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 19° | 29° Harare: 17° | 25° #REF! #REF!