MFV Helena Ndume ingewy
Die plaaslike maatskappy Honeyguide Investments het in ’n nuwe vissersvaartuig belê en dit gepaslik die MFV Helena Ndume gedoop.
Die algemene bestuurder van Honeyguide, Fernando de Castro, het gesê: “Dr. Helena Ndaipovanhu Ndume het geen bekendstelling in Namibië nodig nie. Sy is ’n onbaatsugtige Namibiese wetenskaplike van die hoogste gehalte, wat wêreldwyd erken word vir haar toewyding om haar passie as oftalmoloog met die armste van die armes te deel deur oogsorg en gesondheidsdienste te verskaf wat hulle andersins nie sou kon bekostig nie.” Hy het ook gesê sy is die trots van Namibië en dat hulle haar visie wil vier deur die boot na haar te vernoem. Die 50 meter lange boot het N$84 miljoen gekos. Foto Shaldon Johannes

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie