Munisipale bus brand tot niet
’n Munisipale bus met ongeveer 50 passasiers het gisteroggend op sy roete vanaf Katutura na Cimbebasia en Kleine Kuppe aan die brand geslaan.
Die busbestuurder het omstreeks 06:10 ’n sterk reuk uit die enjinkompartement opgemerk en dadelik langs die westelike verbypad gestop.
Daarna het die bestuurder die passasiers vinnig en veilig uit die bus ontruim.
Die bus was reeds aan die brand toe nooddienste op die toneel aangekom het.
Volgens die Windhoek-munisipaliteit se woordvoerder, Lydia Amutenya, is die bus onherstelbaar beskadig.
Alhoewel die meeste passasiers ongedeerd was, is twee vroue hospitaal toe geneem met simptome van rookinaseming. Volgens Amutenya is hulle gister weer ontslaan.
“Ná die voorval is ’n voertuig gereël om al die passasiers na hul bestemmings te neem.
“Die veiligheid en welstand van ons passasiers bly ons hoogste prioriteit. Ons betreur opreg enige ongerief wat veroorsaak is en ons ondersoek die oorsaak van die brand,” het Amutenya aan Republikein gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie