Die Kupferberg-stortingsterrein buite Windhoek. FOTO ARGIEF
Die Kupferberg-stortingsterrein buite Windhoek. FOTO ARGIEF

Munisipale vullis omskep in krag

Minimale impak op die omgewing
Windhoekers produseer elke maand sowat 7 000 ton munisipale soliede afval, wat 'n stewige basis vir die beplande aanleg vorm.
Henriette Lamprecht
’n Kragaanleg wat 250 ton afval per dag kan verwerk en 8,5 megawatt se elektrisiteit en 17,5 megawatt se hitte sal opwek.

Dit is die doel van die stadsvaders van Windhoek se plan om ’n afval-tot-energie-aanleg te bou om grootmaatkrag op te wek en op die koop toe die hoofstad se afvalbestuur te verbeter.

Windhoekers produseer elke maand sowat 7 000 ton munisipale soliede afval, wat ’n stewige basis vir die beplande aanleg vorm.

Die aankondiging is tydens die jongste munisipale raadsvergadering gemaak, met die inisiatief wat ten doel het om energievoorsiening te diversifiseer, die sekuriteit van kragvoorsiening te verbeter en ook koolstofvrystellings te verminder.

Stad Windhoek (CoW) het reeds ’n voorstudie voltooi om die projek se lewensvatbaarheid te bepaal alvorens ’n meer omvattende studie uitgevoer sal word.

Laasgenoemde sal verskeie bedryfscenario’s ondersoek en ook as riglyn vir die ontwikkeling van die geriewe dien.

Die aanleg sal ook die potensiaal hê om tot 400 ton per dag te verwerk, sou afval van naburige dorpe by Windhoekers se maandelikse 7 000 ton gevoeg word.

Deur gevorderde verbrandingstegnologie te gebruik, sal die aanleg in staat wees om ’n verskeidenheid soorte afval doeltreffend te verwerk sonder dat dit gesorteer moet word. Minimale impak op die omgewing word verseker deur ’n moderne stelsel wat lugbesoedeling beheer en wat voldoen aan internasionale standaarde insluitend dié van die Europese Unie (EU).

Volgens die stadsvaders sal die voorgestelde aanleg, afhangende van ’n omgewingsimpakstudie (EIA) naby bestaande nywerheidsgebiede of die Kupferberg-stortingsterrein opgerig word.

Die hoop van die aanleg is dat dit Windhoek in staat sal stel om sy status as Afrika se skoonste stad te herwin deur volhoubare afvalverwydering.

Die munisipaliteit se bestuursafdeling vir soliede afval, asook sy elektrisiteitsafdeling, is aan die stuur van die projek. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 18° | 23° Oshakati: 21° | 24° Ruacana: 21° | 26° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 15° | 25° Omaruru: 18° | 28° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 19° | 29° Mariental: 22° | 31° Keetmanshoop: 25° | 36° Aranos: 23° | 33° Lüderitz: 17° | 24° Ariamsvlei: 28° | 39° Oranjemund: 16° | 24° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 22° | 31° Lubumbashi: 17° | 22° Mbabane: 18° | 30° Maseru: 19° | 32° Antananarivo: 15° | 30° Lilongwe: 19° | 26° Maputo: 23° | 35° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 19° | 24° Durban: 22° | 30° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 18° | 24° Harare: 17° | 24° #REF! #REF!