Namibië vaar beste in Afrika
Namibië het “vlak 1”-status behaal vir sy optrede gedurende 2021 in die stryd teen mensehandel, volgens ’n verslag van die Amerikaanse staatsdepartement.
Dis die derde agtereenvolgende jaar dat Trafficking in Persons (TIP) se verslag Namibië in dié topvlak plaas. Namibië bly die enigste land in Afrika wat op vlak 1 is.
Die besoekende Amerikaanse ondersekretaris vir burgerlike veiligheid, demokrasie en menseregte, me. Uzra Zeya, het Namibië se posisie aangekondig.
Die Verenigde State is ’n aktiewe deelnemer aan Namibië se Nasionale Koördineringsliggaam (NCB) oor mensehandel, wat onder meer die Europese Unie, die Internasionale Organisasie vir Migrasie en ander insluit.
Die Verenigde State het die finansiering verskaf vir die NCB se ontleding vir Namibië se 2021-’26-plan om mensehandel te bekamp.
“Ek wil Namibië gelukwens vir sy toewyding in die stryd teen die verskriklike misdaad van mensehandel,” het Zeya gesê.
“Mensehandel is ’n internasionale misdaad wat samewerking tussen lande, nieregeringsorganisasies (NGO’s) en internasionale organisasies vereis om dit suksesvol te bekamp.
“Namibië se leierskap in hierdie gesamentlike poging het verhoed dat talle kwesbare mense slagoffers van mensehandel geword het; en die pogings het gehelp om diegene wat slagoffers geword het te red en te behandel. Meer moet nog gedoen word, deur Amerika, deur Namibië en deur die internasionale gemeenskap om ’n einde aan hierdie misdaad teen ’n individu se regte te maak.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie