Israel het reeds meer as 23 000 Palestyne in Gasa doodgemaak sedert die Hamas-militante groep op 7 Oktober 2023 1 200 Israeli’s doodgemaak en 240 gyselaar geneem het. Foto Reuters
Israel het reeds meer as 23 000 Palestyne in Gasa doodgemaak sedert die Hamas-militante groep op 7 Oktober 2023 1 200 Israeli’s doodgemaak en 240 gyselaar geneem het. Foto Reuters

Namibië veroordeel Israel se optrede

Ondersteun Suid-Afrika se aansoek
Suid-Afrika het sy dringende aansoek amptelik op 29 Desember 2023 by die Wêreldhof in Den Haag ingedien.
Augetto Graig
Israel is in Palestina besig met volksmoord, sê die Namibiese regering.

Die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking het Woensdag aangekondig dat Namibië vir Suid-Afrika ondersteun in sy dringende aansoek voor die Internasionale Geregshof (Wêreldhof) in Den Haag, Nederland, teen Israel vir sy voortslepende optrede in Palestina.

Suid-Afrika het sy aansoek amptelik op 29 Desember 2023 by die hof ingedien. Suid-Afrika meen Israel het die Konvensie op Volkmoord van 1948 oortree en wil hê die hof moet tydelike maatreëls aankondig wat Israel onder meer verplig om sy aanvalle in Gasa te staak

Die Wêreldhof het gister Suid-Afrika se mondelingse voorlegging aangehoor.

Die uitvoerende direkteur van die ministerie, Penda Naanda, skryf dat Namibië Israel sterk veroordeel vir die moord van onskuldige burgerlikes en die gewelddadige verplasings van Palestyne in Gasa en die res van die besette Palestynse gebied.

“Namibië handhaaf die standpunt dat die optrede wat hierbo genoem is en die doelbewuste toedien van lewenstoestande aan Palestyne in Gasa wat hul fisieke vernietiging in die geheel of gedeeltelik kan meebring, volksmoord uitmaak,” volgens Naanda.

Namibië ondersteun alle internasionale pogings om die verwesenliking van die onvervreembare regte van die Palestynse volk te bevorder, het hy aangevoer.

Naanda noem Namibië se eie geskiedenis van sy onderwerping aan ’n onwettige besetting en apartheid, en sê dat Namibië, onder andere deelneem aan die verrigtinge by die Wêreldhof aangaande die regsgevolge wat uit Israel se optrede in die besette Palestynse gebied, insluitend Oos-Jerusalem spruit.

In sy skriftelike kommentaar wat op 25 Oktober 2023 by die Wêreldhof ingedien is, het Namibië gewaarsku dat “Israel nou volksmoord probeer pleeg, indien die land nie reeds aktief volksmoord gepleeg het in die besette Palestynse gebied nie,” haal hy aan.

Verder haal hy ook vir president Hage Geingob aan uit sy Nuwejaarsboodskap: “Geen vredeliewende mens kan die bloedbad wat teen Palestyne in Gasa gevoer word, ignoreer nie.”

Namibië sal die instelling van tydelike maatreëls verwelkom met Israel om onmiddellik sy verpligtinge ingevolge die Konvensie op Volkmoord van 1948 na te kom, volgens Naanda.

“Op grond van ons vaste standpunt teenoor die Palestynse saak, ondersteun Namibië die tydige inisiatief wat deur die Republiek van Suid-Afrika geneem is,” skryf hy. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!