Namibiërs kan nou beenmurg skenk
Die Suid-Afrikaanse Beenmurgregister (SABMR) en die Kankervereniging van Namibië (CAN) moedig Namibiërs aan om beenmurgskenkers te word.
Beenmurg, en die stamselle wat daaruit onttrek kan word, kan gebruik word om verskeie bloedsiektes soos bloedkankers en sekelsel-anemie asook ’n verskeidenheid immuunsiektes te behandel.
Namibiërs wat skenkers wil word kan hul aansoeke deur CAN indien. "Nadat die aansoekvorm ingevul is word ’n monster van die binnekant van die wang geneem, soos vir ’n DNS-toets," sê CAN se uitvoerende hoof, Rolf Hansen.
’n Voornemende skenker sal dan op die beenmurgregister gevoeg word tot ’n pasiënt met 'n DNS-profiel soortgelyk aan die skenker s'n ’n beenmurgskenking benodig. "Dit sal nie altyd die geval wees dat ’n Namibiër vir 'n ander Namibiër beenmurg skenk nie. Hierdie skenkings kan wêreldwyd gebruik word - dit kan wees dat jou skenking iemand in Mauritius of Bangkok help. Die beenmurgsituasie is so uniek," sê Hansen.
Indien ’n skenker se beenmurg geoes moet word, sal die persoon Kaapstad toe moet vlieg en tussen drie en vyf dae daar moet bly - alles op SABMR se onkoste. "Volgens die wet word siekverlof in so ’n geval toegestaan, maar waar die werkgewer ’n bietjie moelik is, kan ons probeer reël dat die skenker op ’n Vrydagnamiddag Kaap toe vlieg, die skenking oor ’n naweek doen, en dan weer Dinsdag terug by die werk is. Natuurlik kan dit nie altyd die geval wees nie, maar ons het gereël dat die moontlikheid vir Namibiërs bestaan om dit so te doen," sê Hansen.
Die skenkingsproses is volgens Hansen soortgelyk aan 'n lumbale punksie en hy voeg by die besluit om beenmurg te skenk sal tot die laaste oomblik die skenker s'n wees. "Dinge kan verander. Indien iets gebeur wat ’n skenker van plan laat verander, of hulle wil graag meer uitvind, bly dit tot die laaste oomblik hulle keuse," sê hy.
Die enigste vereistes om op die beenmurgregister geplaas te word is dat ’n skenker tussen die ouderdomme van 16 en 45 moet wees en aan geen ernstige siektes ly nie. Voornemende skenkers moet ook 50 kg of meer weeg.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie