Namibiërs onthou koninklike besoek

Tanja Bause
Tanja Bause

Hy onthou soos gister hoe koningin Elizabeth II van Brittanje agter op ’n Land Rover gestaan en vir die skare gewaai het en met president Sam Nujoma wat agter haar gesit het.

Mnr. Klaus von Ludwiger was deel van die skare tydens die koningin, wat Donderdag in die ouderdom van 96 jaar oorlede is, se besoek op 8 Oktober 1991 aan Namibië. Sy was vergesel van haar man, die hertog van Edinburgh, wyle prins Philip.

Die besoek was aan die jongste lidland van die Statebond en die enigste van die 50 oudkolonies wat nog nooit op haar reisplan was nie.

Volgens Von Ludwiger het koningin Elizabeth II met haar aankoms in Windhoek agter op ’n Land Rover die hoofstad binnegery en deur die hoofstraat beweeg. Die Britse Union Jack het aan lamppale gewapper, met honderde mense wat langs die roete gestaan en vir haar gewaai het.

“Ek onthou dit soos gister. Sy het agter op die Land Rover gestaan en aan die rolbalk vasgehou en vir die mense gewaai. Die president, mnr. Sam Nujoma, het agter haar gesit,” vertel hy.

Die koningin het die dag ná haar aankoms in Namibië, ook Ondangwa en Oshakati besoek voordat sy dieselfde middag vir die eerste keer die Queen’s Cup by die Windhoek Landbouskou oorhandig het.

Sy het die trofee aan die eerste wenner, mnr. Hans Kronsbein, oorhandig. Dié trofee word steeds elke jaar aan die eienaar van die mees vrugbare vers oorhandig. Von Ludwiger was ook hier teenwoordig en deel van die groep mense wat saam met die ontslape koningin na die beeste deel van die skou gaan kyk het.

MET HUMOR EN ELEGANSIE

“Sy was bekend vir haar liefde vir diere. Ná die oorhandiging van die trofee het sy na die beeste gaan kyk. Net voor dit het sy ’n ruiker ontvang wat sy terwyl sy met mense gesels het, agter haar rug gehou het. ’n Bul wat agter haar gestaan het, het aan die blomme in die ruiker begin kou. Sy het dit agtergekom en die ruiker weer voor haar gehou.

“Na ’n tyd het sy dit egter weer agter haar rug gehou en het die bul maar net weer verder aan die blomme gesmul. Die was ’n ongelooflike komieklike oomblik en sy het dit met baie humor en elegant hanteer,” vertel Von Ludwiger.

Die koninklike egpaar het die volgende dag die People’s Primary School in Katutura besoek waar een klein dogtertjie die program effens “ontwrig” het toe sy aan die koningin se rok getrek het om haar aandag op die ballonne in die lug te vestig.

Buiten vir die ‘koninklike koors’ wat vir drie dae in Namibië geheers het, was dit veral die aankondiging van die nasionale uitsaaier (NBC) op televisie dat “queen Elizabeth the eleventh and her husband the duck of Edinburgh have just landed on the Hosea Kutako International Airport,” wat inwoners nog lank gaan onthou.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!