Namibiese skoonhede op wêreldverhoë
Groot eer en verantwoordelikheid
Deelname aan die internasionale kompetisies bemagtig nie net jong vroue nie, maar bevorder ook plaaslike toerisme op globale platforms, sê die direkteur van die Mej. Namibië-kompetisie.
Vir die eerste keer in die geskiedenis van die Mej. Namibië-kompetisie gaan vier skoonheidskoninginne ons land by verskeie internasionale kompetisies verteenwoordig, naamlik Mej. Heelal 2022, Mej. Wêreld 2022, Mej. Aarde 2022 en Mej. Tiener Internasionaal 2022.
Dié amptelike aankondiging is vroeër vandeesweek deur die Mej. Namibië-organisasie gemaak.
Cassia Sharpley (21), vanjaar se Mej. Namibië, sal haar land by Mej. Heelal verteenwoordig, terwyl die naaswenner, Leone van Jaarsveld (26), op pad is na Mej. Wêreld.
Mej. Namibië se tweede prinses, Diana Andimba (23), sal deelneem aan die Mej. Aarde 2022-kompetisie en Mej. Tiener Namibië, Zoë Karsten (17), sal op die verhoog pronk by Mej. Tiener Internasionaal.
Volgens Umbi Karuaihe-Upi, direkteur van die skoonheidskompetisie, bied die titels en eer om aan hierdie internasionale kompetisies deel te neem nie net ’n lewensveranderende geleentheid aan elke dame nie, maar gaan dit ook gepaard met nasionale verantwoordelikhede en verpligtinge.
“Hulle sal as bakens van hoop en rolmodelle dien deur volgehoue voorbeelde van diensbaarheid vir so baie Namibiërs, veral jongmense.
“Die vier sal in unieke posisies wees om ’n lig te skyn op verdienstelike liefdadigheidsgevalle en die lyding van baie te verlig. Belangriker nog is dat hulle die verantwoordelikheid dra om ons land te dien as welwillendheidsambassadeurs op internasionale verhoë om wêreldwye bewustheid van ons pragtige land en sy mense te skep.”
Karuaihe-Upi het daarop gewys dat deelname aan die internasionale kompetisies nie net jong vroue bemagtig nie, maar ook plaaslike toerisme op globale platforms bevorder.
MEJ. HEELAL
Cassia Sharpley van Windhoek se projekte, hoofsaaklik haar eie Honeycomb Haven Foundation-projek, fokus op armoedeverligting.
Die sektore van armoede waarop die projek fokus, is individuele, absolute en generasie-armoede en dien as ’n hawe van hoop en ’n katalisator van eindelose geleenthede vir die gekwelde jeug. Die projek is geïnspireer deur Cassia se betrokkenheid by liefdadigheidsgeleenthede sedert sy tien jaar oud was. Met beide haar ouers wat as predikers dien, was hul doel as gesin nog altyd om terug te gee aan die gemeenskap, en Cassia was aktief betrokke deur die jare. “Dit gaan nie soseer oor wie ons ontmoet nie, maar oor die impak wat ons op hulle lewens maak. Mense is mense deur ander mense.”
MEJ. WêRELD
Mej. Wêreld Namibië, Leone van Jaarsveld, kom van die kusdorp Swakopmund en word aangevuur deur haar doelwit om die jeug in te lig dat enigiets moontlik is as jy jou daartoe verbind.
Van Jaarsveld beloof om haar landsvlag met trots en selfvertroue te dra aangesien sy hierdie platform wil gebruik om sigbaarheid en erkenning ten opsigte van bewusmaking aan plaaslike niewinsgewende organisasies te bring.
Haar Beauty with a Purpose-projek fokus daarop om stigters van sulke welwillendheidsorganisasies te bemagtig om voort te gaan met hul uitstekende werk en die aandag van voornemende borge te trek, asook om samehorigheid binne haar gemeenskap te bewerkstellig.
“Hierdie projekte maak groei en volhoubaarheid in Namibië moontlik en meer minderbevoorregte mense sal hulp ontvang om hul lewensgehalte te verbeter. My doel as die stigter van LR Youth Support, ’n geregistreerde nieregeringsorganisasie, is om die gaping tussen die ‘het’ en die ‘het nie’ te verklein om minder ekonomiese laste te verseker,” het sy gesê. Haar visie fokus op ekonomiese bevryding vir almal.
MEJ. AARDE
Die Windhoeker Diana Andimba het ’n liefde vir Namibiese dierelewe en haar fokus is op die wêreld se soogdier wat die meeste verhandel word, die ietermagô. Dié dier speel ’n belangrike rol in die ekosisteem, maar word meer gesmokkel as renosters en olifante.
“My doelwit is om die bewaring en beskerming van ietermagôs en hul habitatte oraloor die Afrika-vasteland te ondersteun, plaaslik en internasionaal bewustheid te skep oor die lot van ietermagôs en hul waarde binne ekosisteme en om projekte te implementeer wat die vermindering van die handel in en smokkelary van ietermagôs bevorder,” het Andimba gesê.
Sy het bygevoeg sy sal die Mej. Aarde-platform gebruik om die publiek en bewaringsagentskappe oor die kwessie in te lig deur standpunt teen ietermagôhandel in te neem.
MEJ. TIENER
INTERNASIONAAL
Zoë Karsten, gebore en getoë in die hoofstad, is passievol daaroor om liefdadigheidswerk te bevorder waarby tieners ook betrokke kan wees.
Een van dié kwessies is bloedskenking. “Enigiemand ouer as 16 kan bloed skenk wat ’n daaglikse kwessie van lewe en dood in hospitale wêreldwyd is. Deur bloed te skenk, kan die jeug ’n onbaatsugtige besluit neem om ’n vreemdeling te help. As ’n jong entrepreneur voel ek ook dit is belangrik om nie net hard te werk vir kliënte nie, maar ook finansieel terug te gee aan organisasies soos die Namibiese Kankervereniging.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie