New Era skors besturende redakteur
Jemima Beukes - Die New Era Publication Corporation (NEPC) het Johnathan Beukes, sy besturende redakteur, geskors omdat hy na bewering te veel op die regering en die regbank oor sogenaamde ondeursigtigheid gehamer het.
Die strooi wat egter blykbaar die kameel se rug gebreek het, is ’n hoofartikel wat die geheimhouding van die regbank bevraagteken, waar Beukes gesê het dit wil voorkom asof die regbank immuun is teen openbare bevraagtekening.
Beukes het die regbank gevra om oop kaarte te speel en die vertroue te verdien van die publiek en belastingbetalers wie se “swaarverdiende geld” hul masjinerie geolie hou.
Christof Maletzky, die uitvoerende hoof van die dagblad, het gister gesê wat hom as lid van die publiek betref, is dit nie ’n saak van openbare belang nie en sal intern hanteer word.
“Ja dit is waar. Dit is ’n interne aangeleentheid – baie dinge gebeur by jou koerant en dit word nie gerapporteer nie. Die publiek hoef nie te weet nie, ek verteenwoordig ook die publiek, so ek sê die publiek hoef nie te weet nie,” het hy gesê.
Die New Era-direksievoorsitter, dr. John Sifani, het gesê hy is nie bewus van die skorsing nie: “Ek weet nie hierdie dinge nie – dit is administratiewe sake.”
Hy was egter vinnig om sy deuntjie te verander toe hy gevra is of Maletsky die mandaat het om so ’n besluit op sy eie te neem: “Luister, dit het niks met jou te doen nie.֨”
Beukes, wat Vrydag geskors is, wou nie kommentaar lewer nie.
Dit was dieselfde dag waarop die koerant onder sy redaksionele leierskap ’n artikel getiteld “Judiciary mum on transparency” gepubliseer het.
Beukes het self op dieselfde dag ’n hoofartikel gepubliseer met die titel “No confidence in secretive judiciary” waarin hy daarop wys dat dit teen Vrydag 200 uur was sedert hulle vrae aan die regbank gestuur het oor sy ondeursigtigheid rondom strategiese besluite wat geneem is.
Dit sluit die aanstelling van die permanente en die waarnemende regters van die hoërhof en die hooggeregshof in.
“Wanneer president Hage Geingob die amp op 21 Maart 2025 verlaat, sal een van sy bekende aanhalings in ons onderbewussyn weerklink: ‘Verantwoordbaarheid plus deursigtigheid is gelyk aan vertroue’. Teleurstellend genoeg is dié benadering, wat die weg baan vir doeltreffende bestuur. . . om ’n stewige grondslag vir demokrasie en volhoubaarheid vir almal te lê, nie deur alle staatsinstellings tegemoet gekom nie. Hoof onder hulle is die regbank,” het Beukes geskryf.
Ná sy skorsing het die New Era-bestuur onder Maletzky toe gisteroggend ’n verskoning aan die regbank uitgereik en gesê hulle het die regbank in die steek gelaat en “intern regstellende stappe gedoen”.
“Ons het die bal laat val deur nie aanvaarbare beginsels van joernalistieke gedrag te volg nie, deur onder meer na lede van die Regterlike Dienskommissie (JSC) as iemand se ‘luitenante’ te verwys. Die New Era-koerant reik hiermee ’n heelhartige verskoning aan die kommissie uit.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie