Nog ’n taxirower vasgetrek

’n Wit VW Polo-sedanvoertuig wat na bewering in ver­skeie rooftogte in Windhoek die afgelope weke gebruik is, is Saterdag by die Goreangab-waterfrontontwikkeling opgemerk.

Beamptes van die Windhoek-stadspolisie het die verdagte ­agtervolg toe hy probeer wegjaag het.

Die bestuurder van die voertuig was glo onder die invloed van drank en het teen ’n telefoonpaal vasgery. Hy is in hegtenis geneem. Drie verskillende registrasiemerke is in die voertuig gevind, wat met ’n taxinommer B 764 gemerk was.

’n Inwoner van Windhoek het aan Republikein vertel hoe hy Saterdagoggend net na tien ’n moontlike slagoffer van die rowers gehelp het.

“Ek was op pad dorp toe toe ’n ontstelde jong meisie my in my straat in Pionierspark afgetrek het. Sy het gesê twee mans in ’n wit sedanvoertuig het so pas haar selfoon en geld gesteel.

“Hulle het haar glo met ’n mes gedreig net nadat sy in die taxi geklim het op pad na OK by ­Baines-inkoopsentrum,” het hy gesê.

Die bevelvoerder van die Namibiese polisie in die Khomasstreek, komm. Ismael Basson, het gister bevestig dat een verdagte in hegtenis geneem is, en dat hy vandag in die hof sal verskyn.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!