Noordedorp se raadslede eindelik beëdig
Drama in Swapo-geledere op die voorgrond
Grootfontein, wat glo deur politieke onenigheid en swak dienslewering lamgelê word, het uiteindelik 'n insweringseremonie gehou.
Grootfontein het eindelik gister (Donderdag 17 Februarie) sy nuwe raadslede ingesweer, met me. Talitha Garises wat die leisels as burgemeester oorneem.
Dit kom nadat onenigheid onder die dorp se politieke leiers die proses reeds twee maal vanjaar gebriek het.
Me. Elizabeth Kastoor is as die voorsitter van die dorp se bestuurskomitee verkies, met mnr. Wikus Jacobs, me. Johanna Fillemon en mnr. Victor Shandjuka wat ook tot dié komitee verkies is.
Die Otjozondjupa-streeksraad was ook teenwoordig tydens die geleentheid omdat hulle toevallig terselfdertyd besig is met ‘n uitreikprogram in die streek.
Die stryery onder Grootfontein se raadslede het sedert die begin van die jaar reeds twee beplande insweringseremonies by die munisipaliteit omver gegooi – soveel so dat Swapo se uitvoerende streekkomitee asook die streekkomitee self moes ingryp.
Dit het daartoe gelei dat die voormalige burgemeester, me. Lovisa Iyambo, bedank het en die leisels aan me. Talitha Garises oorgegee “ter wille van eenheid, inklusiwiteit binne Swapo asook ter wille van dienslewering aan die inwoners van die dorp,” het sy onlangs tydens ‘n openbare byeenkoms gesê.
Dit volg nadat Swapo se streeksuitvoerende komitee glo hul aanvanklike besluit in Desember om Garises te herroep as ‘n Swapo raadslid vir Grootfontein, wéér omgeswaai het.
Republikein is in besit van ‘n brief op 14 Februarie, geaddresseer aan Grootfontein munisipaliteit se uitvoerende hoof, waarin Swapo se streeksuitvoerende komitee die herroeppingsbrief kanselleer. Hulle raai ook die noordedorp se munisipaliteit aan om dringend voort te gaan met die beëidiging van hul raadslede.
Iyambo het vantevore gesê sy staan opsy ten spyte daarvan dat sy demokraties as burgemeester verkies is – iets wat van haar kamerade glo gegrief het.
DIENSLEWERING Intussen het inwoners van die dorp telkemale hul misnoë oor dienslewering in die dorp teenoor Republikein uitgespreek.
Beeste wandel in die dorp se strate, terwyl inwoners by die koerant kla dat daar nie een week verbygaan wat daar nie ’n krag- of wateronderbreking is nie. Verskeie strate is vol slaggate, met sommige strate wat bykans onbruikbaar geraak het sedert dit sowat ’n maand gelede begin reën het.
Besighede kla oor rou riool wat verby hul geboue loop, terwyl inwoners in informele nedersettings ook daaroor kla.
Ander plaas weekliks foto’s op Facebook van tuin- en ander vullis wat glo op elke straathoek lê.
Inwoners het verlede jaar meer as een keer na die munisipaliteit oor swak dienslewering opgeruk, terwyl die dorp die afgelope tyd pal in die nuus was oor onder meer ’n verdoemende verslag deur die ministerie van landelike en stedelike ontwikkeling oor munisipale sake, waarin grootskaalse korrupsie beweer word, asook verskeie swak (gekwalifiseerde) ouditmenings van Namibië se ouditeur-generaal. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie