Noordedorp skop vas teen Sinvula se heraanstelling
Vier raadslede ten gunste van appèl
Na meer as 'n jaar het Kisco Sinvula vandeesweek sy pligte hervat nadat die hoërhof bevind het hy is nie volgens prosedure geskors nie.
Kenya Kambowe – Die Grootfontein-munisipaliteit het sy voorneme bekend gemaak om teen ’n hoërhofuitspraak te appelleer wat die skorsing van die dorp se uitvoerende hoof, Kisco Sinvula, nietig verklaar het.
Sinvula, wat op 24 Maart 2022 geskors is, het Maandag sy pligte hervat ná die uitspraak waarin bevind is dat sy skorsing nie volgens prosedure uitgevoer is nie.
Ons susterkoerant Namibian Sun het ’n afskrif van notules van ’n spesiale raadsvergadering onder oë gehad waartydens vier van Grootfontein se sewe raadslede ten gunste van ’n appèl gestem het.
Die raad het vir Silas Kishi-Shakumu aangestel om die appèl te lei.
Een van die raadslede – wat op voorwaarde van anonimiteit gepraat het – het die afgelope naweek gesê die donker wolk oor Sinvula se kop het nie verdwyn met dié hofuitspraak nie, aangesien 30 klagte van wangedrag hom steeds in die gesig staar.
“Ons het Maandag ’n spesiale raadsvergadering gehad waar ons daardie hofuitspraak bespreek het. Ons gaan teen die beslissing appelleer. Ons sal nie toelaat dat ’n persoon wat ernstige klagte teen hom het, ’n openbare amp beklee nie. Die gemeenskap is nie tevrede met die uitspraak nie,” het die raadslid gesê.
Volgens hulle staan die 30 klagte van wangedrag steeds aangesien hoërhofregter Boas Usiku se beslissing gebaseer is op die prosedure wat die raad gevolg het om Sinvula te skors, en vrywaar hom nie van dié klagte nie.
DOK OP
Kragtens die uitspraak moes die raad Sinvula in sy amp herstel asook sy regskoste en verlies aan inkomste dek.
Die raad het verlede jaar die skorsingsreëls gewysig toe hy opgehou het om Sinvula sy maandelikse salaris van N$80 0000 te betaal.
Hy het egter sy onskuld volgehou en beweer daar was ’n politieke heksejag teen hom.
Verlede jaar is berig dat Talitha Garises, die burgemeester van Grootfontein, ’n brief aan Sinvula geskryf het waarin sy beweer sommige kontrakte wat hy namens die raad aangegaan het – wat sy as onwettig beskryf het – het tot ’n regstryd gelei.
“Op 25 Maart 2022, terwyl jy reeds van jou skorsing in kennis gestel is, maar voor die verandering van ondertekenaars, het jy ’n betaling aan ’n kontrakteur, ene Otjomuise Construction BK, ten bedrae van N$457 137 57 gemagtig,” het sy destyds geskryf.
“Jy was nie net op daardie tydstip geskors nie, maar daar is nie vir daardie spesifieke kontrak en betaling begroot nie en dit vorm deel van die kontrakte wat in jou ampstermyn toegeken is wat daartoe gelei het dat dissiplinêre stappe teen jou ingestel is.
“Die klagte wat jy in die gesig staar is baie ernstig, waaronder klagte wat voortspruit uit ’n onregmatige kontrak met ene Frontier Multi Industries BK, waaruit die raad nou in ’n regsgeding gewikkel is. . . Die kontrakteur eis betaling van sowat N$400 000 per maand vir die skoonmaak van die dorp,” het sy geskryf.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie