Nuwe huise op Goreangab se horison

‘Lig aan die einde van die tonnel’
Die inisiatief skop op 2 April af en sal tot die einde van Junie duur.
Katharina Moser
Katharina Moser – ’n Totaal van 113 nuwe huise sal in die informele nedersetting Goreangab se uitbreiding 4 in Windhoek gebou word as deel van die loodsprojek vir die opgradering van bekostigbare huise in informele nedersettings.

Die inisiatief skop op 2 April af en duur tot die einde van Junie. Dit is oorspronklik in Junie 2020 van stapel gestuur as deel van die regering se program wat daarop gemik is om sinkhuise in informele nedersettings te vervang.

Tydens die sooispitseremonie vroeër die week het die adjunkminister van landelike en stedelike ontwikkeling, Evelyn !Nawases-Taeyele, gesê ’n totaal van 694 bekostigbare en hoëgehalte-huise is reeds vir inwoners van informele nedersettings gebou. Sy het beklemtoon dit is belangrik om te verseker alle Namibiërs bly in ֹ’n ordentlike huis.

“Om ’n huis van jou eie te besit, is die ware betekenis van onafhanklikheid. Om nie ’n dak oor jou kop te hê nie, beteken niks minder as om verlore te wees nie,” het !Nawases-Taeyele gesê.

John Moonde, die voorsitter van die Khomas-streekraad, het op sy beurt gesê die streek het die meeste informele nedersettings in Namibië, iets wat dringend getakel moet word.

“Ons moet begin in pas kom met verstedeliking en om mense veilige huise te gee,” het Moonde gesê.

Mikka Ndadi, ’n onderwyser wat in die informele nedersetting woon, het sy dankbaarheid vir die program uitgespreek, maar ook die belangrikheid van verantwoordelike bestuur beklemtoon.

Volgens hom is dit noodsaaklik dat gehalte-huise gebou word, finansiële hulpbronne reg toegeken word en die nuwe inwoners na hul nuwe huise omsien.

“Ek weet baie van julle in die informele nedersettings wag nog vir huise. Ons is net die gelukkiges in die eerste rondte. Die program wys egter daar is vir ons ’n lig aan die einde van die tonnel,” het hy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!