Nuwe pad by Ohainengena
Ná jare se gesukkel om toegang tot gesondheidsdienste by Eenhana te kry, kan die inwoners van die informele nedersetting Ohainengena in die Ohangwenastreek nou ’n sug van verligting slaak aangesien ’n grondpad van ses kilometer in die omgewing gebou is.
Die nedersetting se hoofman, Festus Paulus, het die Padowerheid se lof besing wat onder die leierskap van die voormalige goewerneur van Ohangwena, Walde Ndevashiya, gewerk het.
Volgens Paulus het Ndevashiya hul pleidooie gehoor ná soveel jare se versoeke dat die dorp ’n behoorlike pad benodig vir maklike toegang tot onder meer die Ohainengena Junior Primêre Skool.
Paulus het gesê selfs diegene met klein voertuie kan nou toegang tot die dorpie kry wat hy glo ’n magdom geleenthede vir die inwoners sal bied.
Ander paaie is ook in die gebied gebou, soos onder meer die paaie tussen Epinga en Onakalunga, Omulondo en Oshuuli (16 km) en Omukukutu en Ombokola (32 km).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie