Die Dave The Rhino Trust se werk in die Nyae Nyae bewaringsgebied het onlangs 'n hupstoot gekry. Foto ndfn.org
Die Dave The Rhino Trust se werk in die Nyae Nyae bewaringsgebied het onlangs 'n hupstoot gekry. Foto ndfn.org

Nyae Nyae kry ’n hupstoot

Iréne-Mari van der Walt
Die Save The Rhino Trust (SRT) het verlede jaar sy aansporingsprogram vir gemeenskapsveldwagters (CRR) na die Nyae Nyae-bewaringsgebied in die noordooste van die land uitgebrei.

Dit is die tuiste van die Ju/’hoansi San-gemeenskap.

Dié bewaringsgebied grens aan Botswana aan die ooste en die Khaudum Nasionale Park in die noorde, waar die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme (MEFT), met die ondersteuning van WWF Namibia, beplan om renosters se waarnemingsgebied te vergroot.

Die Nyae Nyae sal na verwagting in die toekoms die enigste bewaringsgebied wees wat beide wit- en swartrenosters sal huisves.

“Die Nyae Nyae-uitbreidingsprojek is op verskeie maniere ’n positiewe verwikkeling. Die versoek van MEFT om ons veldwagterprogram te gebruik, dien as erkenning van die SRT se sukses in die Kunenestreek oor die afgelope vier dekades.

“Nuwe werksgeleenthede in bewaring is reeds by Nyae Nyae geskep, met nog vooruitsigte. Die uitbreiding van ons renostergebied sal ’n geweldige positiewe impak op die kritiek bedreigde renosters hê,” het die SRT se bedryfshoof, Andrew Malherbe, gesê.

SRT se beplande aktiwiteite vir die bewaringsgebied sluit in die implementering van ’n Spatial Mapping and Reporting Tool (SMART)-databasis, asook die opleiding en toerusting van veldwagters wat die Nyae Nyae-bewaringsgebied aangestel het.

Onlangse SRT-opleiding het uitruilbesoeke aan die Kunenestreek ingesluit, wat die nuwe veldwagters blootgestel het aan SRT-moniteringsmetodologie, data-insameling en patrollies.

Gedurende 2022 het die Nyae Nyae-veldwagters, deur patrollies op die grond en tydens uitruilbesoeke, 226 spanvelddae aangemeld, wat 3 693 km per voertuig afgelê het.

Wilderness Safaris het sy steun aan die SRT se CRR-program in die Nyae Nyae-bewaringsgebied getoon met ’n skenking ter waarde van U$163 000 (bykans N$3 miljoen).

Die skenking is van die liefdadigheidsorganisasie van die Foley-familie ontvang.

“Die belangrike inisiatief is presies die tipe projek wat Wilderness en ons gaste behoort te ondersteun. Hierdie werk sal nie net die beskerming van renosters tot gevolg hê nie – terwyl dit ook die omvang van die spesie uitbrei – maar dit verhoog en dra by tot die gemeenskapsbewaringsmodel, wat tot dusver as ’n suksesvolle bewaringsinisiasie bewys is,” het Vince Shacks, die Wilderness-groep se groepimpakbestuurder, gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!