Okahandja onthul jongste strategiese plan

Stel grond- en behuisingsprogramme bekend
'n Inwoner het gesê die inisiatiewe gee hoop aan talle mense van Okahandja wat lank vir die geleentheid gewag het om 'n stuk grond te besit.
Aurelia Afrikaner
Aurelia Afrikaner – Die munisipaliteit van Okahandja het ’n reeks ambisieuse grondprogramme onthul wat daarop gemik is om behuising en die toeganklikheid van grond aan sy inwoners te verbeter.

Die inisiatiewe, wat tydens die bekendstelling van die munisipaliteit se 2024-’29-strategiese plan aangekondig is, onderneem die opgradering van informele nedersettings, die formalisering van bestaande nedersettings en die vestiging van nuwe woon- en nywerheidsgebiede.

Een van die sleutelprogramme wat uitgelig is, is die projek om informele nedersettings op te gradeer – ’n gesamentlike onderneming tussen die munisipaliteit, die Namibia Housing Action Group, die Shack Dwellers Federation, die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie en gemeenskapslede.

Volgens die plan sal die informele nedersettings in Ekunde 1, 2, 3, 6 en Vyf Rand Kamp opgegradeer word na buigsame skemas om grond te besit, wat bekostigbare verblyfsekerheid aan inwoners bied.

“Die opgradering van hierdie informele nedersettings bewys ons toewyding om die lewensomstandighede van ons inwoners te verbeter terwyl ons die bekostigbaarheid van grond verseker,” het Okahandja se burgemeester, Beatrice Kotungondo, gesê.

HOOP

Daarbenewens sal die formalisering van Oshetu Proper, uitbreiding 1 en uitbreiding 2, die verkoop van erwe aan huidige inwoners meebring, wat hulle die geleentheid sal bied om eienaarskap van hul grond te verseker.

“Ons sal onvermoeid werk om struikelblokke tot geleenthede uit die weg te ruim en te verseker dat elke burger, ongeag hulle agtergrond of omstandighede, toegang het tot gehalte-onderwys, gesondheidsorg, behuising en werksgeleenthede,” het Kotungondo gesê.

Ander inisiatiewe sluit in die toekenning van residensiële erwe in Ekunde 4 en 5, asook die verkoop van grond aan die Nasionale Behuisingsonderneming (NHE) vir die bou van middel- tot lae-inkomstehuise.

Verder is goedkeuring aan die NHE verleen om ’n projek van stapel te stuur om die informele nedersettings op te gradeer, wat daarop gemik is om informele strukture in konvensionele, bekostigbare huise te omskep.

In reaksie op die verwikkelinge het ’n gemeenskapslid gesê: “Hierdie inisiatiewe gee hoop aan talle inwoners wat lank vir die geleentheid gewag het om ’n stuk grond te besit en ’n beter toekoms vir hul gesinne te bou.”

VIR DIE GEMEENSKAP

Die bekendstelling van die strategiese plan is bygewoon deur verskeie belanghebbendes, insluitend politieke leiers, munisipale beamptes en gemeenskapsverteenwoordigers.

Die adjunkminister van stedelike en landelike ontwikkeling, Evelyn ǃNawases-Taeyele, het in ’n toespraak namens minister Erastus Uutoni, die samewerkingspogings geloof om die plan te laat realiseer.

“Ons hoop dat julle die reis wat julle begin het met toewyding en eerlikheid sal aanpak tot voordeel van die gemeenskap van Okahandja en Namibië in sy geheel,” het ǃNawases-Taeyele gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!