Okahandja pleit vir Saara se ingryping
Munisipaliteit se geldsake is duister
Inwoners van die Tuindorp se informele nedersettings het 'n klagskrif aan die eerste minister se kantoor oorhandig en pleit daarin vir dienslewering, grondbesit en ontwikkeling.
Inwoners van Okahandja se informele nedersettings het Vrydag weer per bus na die hoofstad opgeruk.
Dié keer het die Namibiese polisie die vreedsame betogers na die parlementsgebou se hekke vergesel, waar hulle ’n klagskrif onder die eerste minister se aandag gebring het.
Die groep “onwettiges”, soos hulle glo bekend staan, vra dat die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, moet ingryp om dienslewering, ontwikkeling en geleenthede vir grondbesit ’n werklikheid vir hulle te maak.
Volgens die gemeenskapsaktivis, mnr. Sethy Gariseb, bly mense al hul hele lewe lank in Okahandja se nedersettings sonder enige verbetering in hul lewensomstandighede.
Dié inwoners het verlede jaar self slote gegrawe om krane nader aan die gemeenskap aan te lê.
Die groep het vir die eerste minister se verteenwoordiger, me. Mary Maswahu, direkteur vir menslike hulpbronne, administrasie en finansies, gewag wat die klagskrif namens haar in ontvangs geneem het.
Die ontevrede inwoners het plakkate met “32 jaar ná onafhanklikwording en ons ly steeds, hoekom?” in die lug gehou en “Geen grond, geen stem” gedreunsang terwyl hulle gewag het.
Me. Shanice Swartbooi, sekretaresse vir die bekommerde groep betogers, het gesê: “Ons kom al die pad vanaf Okahandja en ons het besluit ons gaan nie sonder ’n antwoord terug nie. Vandag sal ek die klagskrif weer voorlees wat ons voorheen ingedien het. Kom ons gaan weer daar deur aangesien ons geïgnoreer word. Geen antwoorde is aan ons verskaf nie, en ons voel dit is oneerbiedig teenoor ons.” Vroeër die jaar het die groep die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, mnr. Erastus Uutoni, gevra om in te gryp, maar dit was tevergeefs, sê hulle.
Maswahu het Vrydag belowe om die klagskrif aan die eerste minister te oorhandig.
OUDITVERSLAG
Intussen is die ouditeur-generaal, mnr. Junias Kandjeke, se verslag oor die Okahandja-munisipaliteit se finansies vir die boekjaar tot 30 Junie 2021 ook Vrydag in die parlement ter tafel gelê.
Kandjeke kon egter nie genoegsame ouditbewyse in die onvoltooide dokumente vind wat die munisipaliteit laat ingedien het, om met sekerheid oor Okahandja se geldsake kommentaar te kan lewer nie.
Dit blyk nietemin dat Okahandja se netto bates vir die 2021-boekjaar met N$15 miljoen gekrimp het. Eiendom, aanleg- en toerustingbates in die dorp se besit, is altesaam N$77,6 miljoen werd, teenoor N$81,4 miljoen in 2020.
Die boeke dui daarop dat die munisipaliteit N$0 voorraad besit.
Die ouditeur-generaal se kantoor vermoed dat slegte skuld van N$7 miljoen wat aangeteken is, dalk nie voldoende is nie, veral aangesien N$22,3 miljoen daarvoor in 2020 begroot is.
Die ouditeur-generaal is ook bekommerd oor betalings van N$4,28 miljoen wat geen kliënterekeningnommers of datums bevat nie
Okahandja se vennootskap in die kragverskaffer Cenored is dalk ook nie meer N$24 miljoen werd nie, volgens die ouditeure wat verwag dat die finansiële boeke ook Cenored se verliese en skulde in ag moet neem. Cenored se skuld aan die munisipaliteit is verlede jaar tot minder belangrik geherklassifiseer.
Verder sê Kandjeke dat die munisipaliteit nie die beperking van 30 verlofdae toepas wat in die Staatskoerant gepubliseer is nie, debiteure ter waarde van N$3,3 miljoen nie gelys is nie, en die munisipaliteit nie begroot het vir die 5%-bydrae aan die streekraad ter waarde van N$4,4 miljoen nie.
In terme van inkomste is daar ’n N$6 miljoen verskil tussen waterfakture ter waarde van N$44 miljoen, teenoor finansiële state van N$50 miljoen.
Die dorp het ook waterverliese van 42% aangeteken, baie meer as die aanvaarbare standaard.
Die munisipaliteit kon ook nie rekenskap gee van N$2,6 miljoen nie en kon verder nie die ouditeur-generaal se kantoor met rekords van dorpsraadvergaderings in Januarie, Februarie, April en Mei 2022 voorsien nie.
Die toelaag van N$10 miljoen vanaf die sentrale regering vir dié betrokke boekjaar moet ook teruggegee word, aangesien fakture nie betyds verskaf is vir die werk waarvoor dit begroot is nie.
Okahandja se munisipaliteit het 54 oop poste terwyl salarisse meer as 35% van operasionale uitgawes uitmaak, wat beteken geen nuwe poste kan gevul word nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie