Omuthiya-burgemeester wil uit Windhoek werk
Toppos in hoofstad aanvaar
Die burgemeester van Omuthiya, Johannes Ndeutepo, het 'n toppos in Windhoek aanvaar en vra dat virtuele geriewe opgestel word vir gevalle wanneer hy nie vergaderings persoonlik kan bywoon nie.
Volgens Ndeutepo is daar niks daarmee fout om 'n gemeenskap te lei van ’n afstand van byna 600 kilometer nie.
Die inligting oor sy verhuising na Windhoek kom uit ’n brief wat Ndeutepo aan dié dorp se uitvoerende hoof, Petrus Shuuya, op 27 Mei gestuur het. In die brief het hy die rekenpligtige beampte ingelig oor sy nuwe pos as die uitvoerende hoof van Nammic Holdings wat hy vanaf 1 Julie sal beklee. Hy verduidelik dat hy nie nie gereeld in Omuthiya beskikbaar sal wees nie, aangesien die aanstelling in Windhoek is.
“Vandaar hierdie kennisgewing om u in te lig dat ek ook nie vir die volgende jaar beskikbaar sal wees vir herverkiesing as voorsitter van die raad (burgemeester) nie,” lui die brief.
Hy versoek dan dat kennisgewings van vergaderings vroegtydig uitgereik word en dat virtuele geriewe beskikbaar gestel word om te gebruik in gevalle wanneer hy dit nie kan bywoon nie.
'NIE 'N VOLTYDSE POS'
Ndeutepo het by navraag vir kommentaar bevestig dat hy die brief geskryf het en gesê dat hy 'n inwoner van Omuthiya bly, aangesien hy 'n huis en besighede op die dorp het.
Hy het bevraagteken of 'n mens as 'n inwoner van 'n dorp beskou word as jy in die dorp woon of wanneer jy 'n munisipale rekening het. Hy het aangevoer dat daar raadslede van die plaaslike owerhede in dorpe is wat nie vir munisipale dienste betaal nie.
Hy het verder aangevoer dat ’n posisie in 'n plaaslike owerheidsraad nie 'n voltydse pos is nie.
“Voordat ek my nuwe werk gekry het, was ek 'n sakeman wat weke lank uitstedig was, maar tog het ek my verpligtinge nagekom. Ek het nie nodig gehad om toestemming te vra om die dorp te verlaat nie, maar nou het dinge verander, ek het 'n baas by wie ek aanmeld,” het hy aangevoer.
Hy het ook verwys na 'n aantal plaaslike owerhede waar 'n raadslid woonagtig is in 'n dorp ver van waar hulle dien.
WETGEWING
Republikein se susterkoerant, Namibian Sun, het verlede jaar berig oor hoe die voorsitter van die Ongwediva-dorpsraad se bestuurskomitee, dr. Fabiam George, voltyds in Okakarara werksaam is. Dit het vrae laat ontstaan het oor hoe hy sy werk by die plaaslike owerheid – wat 560 kilometer van sy werksbasis geleë is – doeltreffend kan vervul.
In die artikel is regsadvies van Januarie 2021 deur prokureur-generaal Festus Mbandeka aangehaal wat die wet se bepaling benadruk en bygevoeg het dat die verwydering van 'n raadslid wat nie binne hul verkose plaaslike owerheid woon nie, "absoluut" is en nie “diskresionêr” nie.
“In die geval dat 'n lid van 'n plaaslike owerheid ophou woon of slegs tydelik in die plaaslike owerheidsgebied woon waartoe so 'n lid verkies is, moet so 'n lid sy of haar amp ontruim ingevolge die wet op plaaslike owerhede [...],” het Mbandeka verduidelik.
By navraag vir kommentaar oor Ndeutepo se situasie, het die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling se uitvoerende direkteur, Nghidinwa Daniel, sonder 'n verduideliking gesê die wet is duidelik oor die aangeleentheid.
“Vra eers die posisie van die betrokke persoon. Die wet is duidelik oor so 'n saak. Jy moet ook die wet lees,” het Daniel geantwoord.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie